Wees dan barmhartig soos julle Vader

Vandag se Evangelielesing is geneem uit die Heilige Lukas se beskrywing van die Bergrede, en ons hoor Jesus se prikkelende woorde oor die kwessie van jou vyande liefhê.

Ons is gewoond aan die gedagte dat ons nie aan ander moet doen wat ons nie wil hê hulle aan ons moet doen nie. Dit word trouens in verskeie godsdienste gevind en was welbekend aan Jesus se Joodse tydgenote. Jesus Christus gaan egter verder met hierdie voorskrif en verander die negatiewe in ‘n positiewe, en sê dat ons aan ander moet doen wat ons sou verwag hulle aan ons moet doen. En Hy gaan selfs nog verder deur daarop aan te dring datsermon ons liefde vir ander sonder eiebelang moet wees. Ons moet ander nie liefhê in die hoop dat hulle ons terug sal liefhê nie, maar ons moet liefhê sonder om iets terug te verwag. Miskien is die mees radikale dat ons gevra word om ons vyande lief te hê; hulle wat ons beslis nie liefhet nie.

In leerstellings soos dié kom ons die radikale aard van die Evangelie teë. As ons met onsself eerlik is, sal ons waarskynlik erken dat dit onmoontlik lyk –  om hulle lief te hê wat ons seermaak en voortgaan om ons seer te maak! Maar Christus gee ons ‘n leidraad in vandag se Evangelielesing: “Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.” Dit is nie maar net ‘n abstrakte bevel of die een of ander uiterlike standaard waaraan ons nie kan voldoen nie. Op ons eie kan ons nie liefhê nie. Maar ons leer liefhê deur te let op die liefde van God. Want God is die “Mensliewende”, soos ons dikwels in die Liturgie sing, en dit is eers wanneer ons sy liefde in ons lewens begin sien dat ons geleidelik in sy liefde begin deel, en leer om ander te sien soos Hy hulle sien, en miskien selfs net ‘n paar druppels uit sy onmeetlike see van barmhartigheid put.

Daar is geen ander manier om gered te word nie, behalwe deur jou naaste….. Dit is wat reinheid van hart beteken: wanneer jy die sondiges en die siekes sien, om medelye vir hulle te voel en om deernis met hulle te hê.

Di Heilige Makarios die Grote

 Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 4  Oktober 2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s