Vandag, op die Negentiende Sondag na Pinkster, wat ook die Sondag van die Sewende Ekumeniese Konsilie is, hoor ons die Heilige Lukas se beskrywing van die gelykenis van die saaier. Jesus Christus vertel sy hoorders van ‘n saaier wat uitgegaan het om saad te saai. ‘n Deel het op die pad geval en is vertrap, ‘n deel het op die rots geval en kon nie goed groei nie, ‘n deel is deur dorings verstik. Maar ‘n deel het op goeie grond geval en mooi gegroei om honderdvoudig vrug  te lewer.

Toe sy dissipels gevra het na die betekenis van hierdie gelykenis, het die Here verduidelik dat die saad die Woord van God is. God, of Christus, saai die saad, maar soos die saad wat op die pad gesaai word, of tussen die dorings, kan dit nie goed groei nie. Net die saad wat op die goeie grond gesaai word, kan ‘n oes lewer.

Christus praat op ‘n negatiewe manier oor die plekke waar die saad nie goed groei nie, en die dinge wat ons daarvan weerhou om die Woord van God te hoor. Maar Hy roep ons ook op om die positiewe omstandighede te oorweeg wat nodig is as God se Woord in ons moet wortelskiet.

Die redes wat Jesus gee waarom die saad nie vrugbaar was nie, gee ons ‘n aanduiding van die omstandighede wat ons vir die geestelike lewe nodig het. Om te groei, het saad ‘n sekere beskerming nodig teen die drukte van die pad en moet ons daarom tyd vir onttrekking en stilte vind. Dit moet ook gereeld benat en gevoed en teen skadelike invloede beskerm word. Die mate waarin dit gedoen moet word, sal van persoon tot persoon verskil, maar ons moet die grond van ons eie harte op bewuste wyse voorberei sodat die Woord van God kan ontkiem, wortelskiet en in ons lewens vrug dra.

Laat jy wat wakker is, wie se hart steriel en onvrugbaar is, jou verstand oopmaak, die heilige saad ontvang, wees soos produktiewe en goedbewerkte grond, en vir God die vrugte voortbring wat jou tot die onbederflike lewe sal verhef.

Die Heilige Cyrillus van Alexandrië

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 11 Oktober 2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s