Wat is jou naam?

Lukas 8:26-39

Vandag hoor ons die Heilige Lukas se beskrywing van hoe Jesus Christus in die landstreek van die Gadaréners baie duiwels uit ‘n man gedryf het. Die duiwels het hierdie man afgebring tot ‘n bejammerenswaardige toestand en toe Jesus hulle konfronteer, was hulle bevrees en het hulle Hom gesmeek om hulle toe te laat om in ‘n trop varke te vaar. Die man is van sy besetenheid bevry, en toe die mense van die dorp daar aankom, het hulle hom volledig geklee en by sy volle verstand aangetref waar hy aan die voete van Jesus sit.

Hierdie gebeurtenis is baie dramaties, maar dit leer ons belangrike waarhede oor die mag van die bose in ons wêreld, en hoe Christus ons daarvan kom bevry. Die besetene het gewoon tussen die grafte, ‘n aanduiding van dood en bederf. Hy was naak, wat daarop dui dat hy sy natuur en  deug verloor het. Hy was in homself verdeel, want daar word vir ons gesê dat daar baie duiwels in hom was – hy was trouens so deur hulle besete dat toe Christus hom vra wat sy naam is, hy “legio” geantwoord het.demon-possessed healing

Hierdie dramatiese gebeurtenis bied ons ‘n uiterste voorbeeld van die mens se toestand waarvoor ons ons almal op die een of ander manier bevind. Sedert die sondeval is ons menslike natuur deur die mag van die dood bederf. Ons het almal in ‘n mate naak geword, want die Beeld van God in ons het dof geword. Waar ons  aan ons teenstrydige behoeftes oorgelewer is, het ons het almal verdeeld in onsself geraak.

Deur hierdie man te vra wat sy naam is, probeer Jesus Christus hom na homself terugbring en hom te herstel tot die persoon wat hy geskep is om te wees, onbelemmerd deur die invloed van demoniese magte. Met Pasga sing ons dat Christus die lewe skenk aan “hulle in die grafte”. Hy het na ons gekom om God se Beeld in ons te herstel, om ons te bevry van ons verdeelde verlanges en om ons innerlike eenheid te herstel sodat ons in staat kan wees om Hom te dien.

Waarom maak jy jou boeie meer? Neem besit van jou lewe voor jou lewe donker word en jy hulp soek en dit nie vind nie. Hierdie lewe is vir jou gegee om jou te bekeer; moet dit nie op ydele dinge verspil nie. 

Die Heilige Isaak die Siriër

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 25 Oktober  2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s