Jou geloof het jou genees

Vandag vertel die Heilige Lukas ons van twee merkwaardige wonderwerke wat Jesus Christus gedoen het. Ons hoor hoe Jaïrus, ‘n owerste van die sinagoge, na Jesus kom soek  en Hom smeek  om na sy huis te kom om sy dogter wat sterwend was, te genees. Maar voor hulle sy huis kon bereik, is Jesus genader deur ‘n vrou wat aan bloedvloeing ly wat die soom van sy kleed aangeraak het en genees is. Skaars het dit gebeur, of Jaïrus ontvang ‘n boodskap dat sy dogter dood is. Sonder om ontmoedig te word, gaan Jesus na die huis, gryp die kind aan die hand en laat haar opstaan.Healing of the Woman

Die opstanding van Jaïrus se dogter tot die lewe is ‘n dramatiese gebeurtenis wat ten doel gehad het om vir ons te toon dat Jesus Christus gesag het oor selfs die dood. As die oorsprong van die lewe, het Hy mag oor lewe en dood, en hier sien ons hoe Hy sy eie oorwinning oor die dood vooruitloop ten einde te toon dat die dood nie meer mag oor ons het nie. In plaas daarvan het dit geword soos om te slaap.

Hierdie vertelling van die dogtertjie wat uit die dood opgewek word, word onderbreek deur die genesing van die vrou wat aan bloedvloeing gely het. Dit is op sigself ‘n belangrike gebeurtenis van genesing, want hierdie vrou het gely aan ‘n kwaal wat haar volgens die voorskrifte van die Joodse wet onrein gemaak het. Raad-op het sy dit gewaag om na Christus uit te reik en die soom van sy kleed aan te raak en is sy oombliklik genees. En veelbetekenend word daar vir ons vertel dat Jesus Christus geweet het dat krag van Hom af uitgegaan het.  Deur hierdie vrou te genees, het Hy sy goddelikheid en ware identiteit geopenbaar.  Dit is Hy wat mag oor lewe en dood het, die Heiland wat ons kan genees.

Ook ons ly onder die mag van die sonde en die dood en het Christus se genesing nodig. Maar vir Jesus Christus om ons gesond te maak, moet ons na Hom toe uitreik – moet ons ons behoefte aan Hom erken. Dit vra dikwels moed en ons is miskien meer geneig om te dink dat ons op ons eie kan regkom. Maar ware geloof – die geloof wat genees – is die geloof wat geleer het dat ons ‘n Heiland nodig het en wat dit waag om tot Jesus Christus om hulp uit te roep.

Jesus het die dogtertjie se hand geneem, haar genees en beveel dat sy iets te ete gegee moes word. Dit getuig van lewe, sodat nie ‘n geestesverskyning nie, maar die waarheid geglo kan word. Salig is hy wie se hand deur Wysheid gehou word. Dit is my begeerte dat geregtigheid my dade en hande vashou. Ek wil hê die Woord van God moet my vashou, my sy binnekamer inneem, die gees van dwaling wegkeer, dit vervang met verlossing en die bevel gee dat ek iets te ete moet kry! Die Woord van God is die hemelse Brood. Die Wysheid wat die heilige altaar vervul het met die voedsel van die goddelike Liggaam en Bloed sê: “Kom, eet van my brood en drink die wyn wat ek vir jou gemeng het.”

Die Heilige Ambrosius van Milaan

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 8 November  2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s