Kyk, reeds nader die Maagd

Mt. 1:1-25

Vandag, op die Sondag voor Kersfees, spits die Kerk ons aandag weer toe op die manne en vroue wat in die ware God geglo het en die weg berei het vir die koms van sy Seun. Vandag se Evangelielesing kom uit die Heilige Matthéüs se se weergawe van die geslagsregister van Jesus Christus en gaan dit na tot die Patriarg Abraham.Nativity

Hierdie Evangelielesing klink miskien vir ons na ‘n taamlik saai opnoem van name. So kan die fokus op mense uit die Ou Testament en die profesieë in die tyd voor Kersfees miskien vir ons klink na ‘n blote fokus op geskiedkundige detail wat nie veel met ons lewens te make het nie.

Dit is egter opmerklik dat die liturgiese tekste van die Kerk nie in die verlede tyd praat oor die groot gebeure van ons verlossing nie, maar in die teenwoordige tyd. Kersfees is nie bloot ‘n geskiedkundige gebeurtenis nie, maar iets werkliks, en wat nou, vandag teenwoordig is. Daarom beklemtoon die liturgiese tekste voortdurend die woord “vandag”:

“Vandag kom die Maagd na die grot.”

Vandag gee die Maagd geboorte.” “Vandag is  hemel en  aarde verenig,”

Hierdie “vandag” reik oor die eeue heen en maak die gebeure van die verlede vir ons op ‘n wyse teenwoordig op ‘n manier wat meer is as ‘n blote geskiedkundige gedenking. Christus se koms is immer nuut. Maar, soos die Ou Testamentiese figure wat met gretige afwagting op Hom gewag het, moet ook ons ons harte vir Hom oopstel. Hy kom na ons, maar ons sal sy teenwoordigheid net ervaar in die mate dat ons Hom  ruimte in ons lewens gee en ons sy koms vuriglik verlang.

Kyk, die tyd vir ons verlossing kom nader. O Grot, maak gereed! DieMaagd kom nader om geboorte te skenk.

Vespers vir die Voorfees van die Geboorte

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 20 Desember  2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s