Die Lig skyn in die duisternis

  Matthéüs 2:13-23

Op Kersdag het ons die koms gevier van Christus wat soos ‘n Lig in ons wêreld skyn. Die Heilige Johannes sê vir ons in sy Evangelie dat Jesus Christus die ware Lig is wat elke mens verlig. (1:9) Hierdie viering van lig duur voort tot die Groot Fees van Teofanie op 6 Januarie, wanneer ons Christus se doop in die Jordaan vier, die fees wat ook as ‘n fees van lig genoem word.christ_is_light_of_the_world_by_scottmcdaniel-d572le4

Vandag se Evangelielesing herinner ons egter aan minder aangename gebeure rondom die geboorte van Christus. Na die vier van die vreugdevolle tyding van sy geboorte, het die Kerk se Liturgie ons trouens herinner aan die werklikheid van lyding in ons wêreld. Vrydag het ons die Heilige Stéfanus gedenk, die eerste martelaar wie se dood aangeteken is in die Handelinge van die Apostels (6-7) Gister het ons die twintig duisend martelare van Nikomedië gedenk wat geweier het om afgode te aanbid. En vandag gedenk ons die heilige kinders wat deur Herodes gedood is in sy poging om die pasgebore Christus te dood.

Terwyl ons die vreugde van Kersfees vier, word ons hierdie sobere herinnering gegee dat Jesus Christus van die begin van sy lewe op aarde verwerp is. Sy geboorte het vreugde vir baie gebring, maar die ware Lig wat in die wêreld geskyn het, het ook teenstand meegebring, want daar is diegene wat die donker bo die Lig verkies. Daar is niks sentimenteel omtrent die boodskap van Kersfees nie, want Christus se geboorte het ‘n reeks gebeure aan die gang gesit wat uiteindelik deur sy dood en opstanding sal lei tot sy groot oorwinning oor die magte van die duisternis. Die Lig skyn steeds in die duisternis en die duisternis sal dit nie oorweldig nie.

Die waarheid het gekom! God word geopenbaar! Hy is gebore uit die Maagd en verlig hulle wat in die duisternis verkeer, vir die verlossing van die wêreld.

Uit die Vespers vir die Fees van Heilige Onskuldiges

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 27 Desember  2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s