‘n Nuwe Begin

Markus 1:1-8

In vandag se Evangelielesing hoor ons die inleidende woorde tot die Heilige Markus se Evangelie. Anders as die Heilige Matthéüs en die Heilige Lukas begin die Heilige Markus se Evangelie nie met die geboorte van Christus nie, maar begin dit in die woestyn, waar die Heilige Johannes die Doper mense tot bekering roep. Hy vereenselwig hom duidelik met die Ou Testamentiese profete wat op mense ‘n beroep gedoen het om hulle te bekeer van hulle sondes, om om te draai, en ‘n nuwe lewe te begin, en die Kerk beskou hom as die grootste onder die profete. Hy vorm trouens ‘n uiters belangrike skakel tussen die Ou en die Nuwe Testament.john_the_baptist_yaroslavl_16c

Die oproep tot bekering lê aan die hart van ons Christelike geloof, tog kan die betekenis daarvan soms vir ons moeilik wees om te begryp. Baie mense beskou bekering as ‘n blote sleg voel oor jou sondes – asof God dit sou verwag dat ons sleg voel! Ander sien dit as ‘n groot poging om die guns van God op die een of ander manier te probeer wen. Terwyl bekering beslis ‘n element van berou vir ons sonders inhou, en ons wel ‘n poging moet aanwend om te verander, is die bekering waarvan die Evangelie praat, veel dieper as dit. Ware bekering beteken ‘n ontmoeting met God wat ons lewens ‘n omwenteling laat ondergaan wat op die ou end eintlik ‘n diep, vreugdevolle ervaring is.

Ons is almal verskillend en hierdie ontmoeting met God kan dus verskeie vorms aanneem, maar die Heilige Johannes stel dit duidelik dat bekering beteken om jou tot Christus te wend, en hy was juis besig om sy dissipels voor te berei vir hoe om die Christus te herken toe Hy verskyn. Ons verander nie ons lewens deur vir onsself te vertel hoe sleg ons is nie, of deur op ons eie beter te probeer wees nie. Ons begin eerder verander deur die Een te ontmoet “wat sterker is as ek,” in die besef dat Hy ons liefhet, en deur te leer om onsself te sien soos wat Hy ons sien, en deur Hom in ons daaglikse lewens te volg, altyd gevoed deur sy Liggaam, naamlik die Kerk.

Abba Pimen het met betrekking to abba Pior gesê dat hy elke dag ‘n nuwe begin gemaak het.

Uit die Gesegdes van die Woestynvaders

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 3 Januarie 2015

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s