Die Lig van die wêreld

Vandag, op die Sondag na Teofanie, hoor ons hoe Jesus Christus, na sy doop in die Jordaanrivier en die gevangenissetting van die Heilige Johannes die Doper, na Galiléa teruggegaan het waar Hy begin preek het. Die Heilige Matthéüs sê vir ons dat dit so was dat die woorde van Jesaja vervul sou word wat verkondig het dat die volk wat in die duisternis gesit het ‘n groot lig gesien het.Church_of_Christ_icon

Die fees van Teofanie is ‘n fees van die Lig. Deur met sy Geboorte onder ons te kom woon, het die lig van Jesus Christus die duisternis van ons wêreld binnegekom, en met sy Doop in die Jordaan is hierdie lig openlik aan die hele wêreld openbaar. Nou sien ons hoe hierdie lig begin versprei, eers in Galiléa, maar uiteindelik sal die Lig van Christus, bietjie vir bietjie, deur die hele wêreld versprei.

Soos die Heilige Johannes die Doper, het Jesus mense tot bekering geroep, “want die Koninkryk van die hemele het naby gekom.” Die Heilige Johannes het gepreek dat die Koninkryk aan’t  kom was, maar nou, met die koms van Christus, is die Koninkryk “naby”, want die teenwoordigheid van Jesus Christus maak die Koninkryk teenwoordig. Maar dit is net die begin en moet voortgaan om te groei totdat dit in die volheid daarvan bestaan.

Ons betree die Koninkryk van die Hemel deur bekering, ‘n bekering wat nie ‘n eenmalige gebeurtenis is nie, maar ‘n proses waarmee ons lewenslank moet volhou. Maar dit beteken nie dat daar ‘n lys van goed is wat ons moet doen of nie doen nie. Dit is veelmeer ‘n ontmoeting met die Lig van Christus. Die Kerk praat oor die doop as verheldering of verligting. Dit is die Lig van Christus wat ons in staat stel om werklik te kan sien – en om in ons geloof te groei, beteken dat ons al hoe meer deursigtig word vir hierdie Lig. Deur voortgesette reiniging en verligting word ons geroep om draers van Christus se Lig te word sodat ook ander sy Lig in ons kan sien.

Die “groot lig” is Christus ons Here en die helderheid van die prediking van die Evangelie.

Die Heilige Cyrillus van Alexandrië

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 10 Januarie 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s