Dankbaarheid

Die Kerk keer vandag weer terug na die Evangelielesings volgens Lukas, en ons hoor sy vertelling van hoe Jesus Christus tien melaatses genees het. Tien manne wat aan melaatsheid ly, het Hom kom vra om Hom oor hulle te ontferm, en Hy het hulle aangesê om hulle te gaan toon aan die priesters sodat hul genesing bevestig kon word. Terwyl hulle op pad was, het hulle gevind dat hulle genees is. By die  besef daarvan, het een van die melaatses, ‘n Samaritaan, na Jesus teruggegaan en Hom bedank. Die ander nege het net op die pad voortgegaan, wat Jesus laat opmerk het dat net een teruggekom het om dankie te sê.   miracle-healing-of-the-10-lepers

Hierdie voorval herinner ons dat ons al te maklik God se gawes as vanselfsprekend aanvaar, en vergeet om Hom daarvoor te bedank. Om ‘n gees van dankbaarheid te kweek, is van wesenlike belang in ons Christelike lewens, want ons moet dikwels bewus word van alles wat God vir ons doen. Ons kan miskien wonder hoe die nege melaatses kon vergeet het om dankie te sê vir hul genesing, en tog, ons nie dankbaar is vir alles wat God in ons alledaagse lewens vir ons doen nie, loop ons die risiko dat ons ook blind sal wees vir sy meer buitengewone handelinge.

Mense dink dikwels aan gebed as hoofsaaklik die vra van goed van God. Terwyl ons sekerlik ons behoeftes en die behoeftes van die wêreld in gebed na God moet bring, begin egte gebed met die erkenning van Wie God is, met die loof van Hom vir Wie Hy is, en die danksegging aan Hom vir alles wat Hy vir ons gedoen het. Want gebed is uiteindelik die kweek van ‘n verhouding met God, waar ons leer om nie net op Hom staat te maak vir al ons behoeftes nie, maar ook te besef hoe Hy hierdie behoeftes bevredig en Hom daarvoor dank.

Watter woorde kan God se gawes toereikend beskryf? Hulle is so talryk dat ‘n mens dit nie kan tel nie. Hulle is so groot dat, in antwoord daarop, enige een daarvan ons absolute dankbaarheid vra.

Die Heilige Basilius die Grote

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 17 Januarie 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s