Wees my barmhartig!

Lukas 18:16-20

Vandag hoor ons die Heilige Lukas se vertelling van die genesing van die blinde bedelaar. Hierdie man het langs die pad gebedel toe Jesus verbykom, en toe hy hoor dat dit Jesus was, het hy uitgeroep: “Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig!” Hy het dit aangehou roep totdat Jesus gaan staan het en hom gevra het wat hy wou hê. Toe hy sê: “Here, dat ek kan sien” het Jesus geantwoord deur te sê: “Sien; jou geloof het jou gered.”
healing-blind-man

Baie van ons weet wat dit beteken om te bid vir goed wat ons dink ons (en ander) desperaat wil hê of nodig het. Tog lyk dramatiese insidente van genesing soos dié baie ver van ons af. Ja, God genees mense op dramatiese wyse, maar dit is nie altyd ons ervaring nie. Wat moet ons maak van genesingsverhale soos hierdie een?

Ons moet in die eerste plek verstaan dat gebed nie soseer ‘n kwessie is van vra vir wat ons wil hê, of selfs dink ons nodig het nie, maar ‘n oorgawe van onsself aan die barmhartigheid van God. God verhoor ons gebede, maar nie altyd op maniere wat ons verwag of wil hê nie, want God weet baie beter as wat ons self kan verstaan wat ons nodig het.

In die tweede plek is gebed nie bloot ‘n eenmalige versoek wat beantwoord of nie verhoor word nie, maar is die uitdrukking van ons hele lewe en ons diepste verlanges. Ons kan nie vir goed bid en voortgaan asof God nie by ons lewens betrokke is nie. Om tot God uit te roep: “Wees my barmhartig!”, is nie iets wat ons maar net met ons lippe sê nie, maar moet die uitdrukking word van ons bewustheid van ons diepe behoefte aan God terwyl ons in die geloof groei. Hoe meer ons onsself werklik leer ken, hoe nederiger word ons en hoe suiwerder word ons gebed.

Die woord was vir hom wat blind was lig, want dit was die woord van Hom wat die Ware Lig is.

Die Heilige Ccyrillus van Alexandrië

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 24 Januarie 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s