Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!

Mt. 25:14-30

Vandag hoor ons Jesus Christus se leer oor die gelykenis van die talente uit die Evangelie volgens Matthéüs. Jesus vertel van ‘n man wat op reis gegaan het. Voor sy vertrek het hy sy eiendom aan sy diensknegte toevertrou. Een van hulle het vyf talente ontvang en het dit gebruik om nog vyf te verdien. ‘n Ander een het twee talente ontvang en dit gebruik om nog twee te verdien. Die derde een, aan wie een talent toevertrou is, was egter te bang om iets daarmee te maak en het dit toe maar begrawe. Met die terugkeer van die meester is hy berispe dat hy ‘n geleentheid verspil het.mct11

Die Vaders van die Kerk bygryp die man wat die talente uitdeel as Jesus Christus. Hy het verskillende gawes vir ons almal, en Hy vra ons om hierdie gawes op ‘n gepaste manier te gebruik ten einde sy werk uit te voer.

Baie van ons vind dit moeilik om die gawes wat ons ontvang het te gebruik omdat ons onsself as nutteloos beskou. Ons kan miskien wonder oor wat ons dan nou het om God te bied. Tog leer die Kerk dat ons almal van onskatbare waarde in die oë van God is, want ons is na sy beeld geskep en Hy het ons van die begin af liefgehad. Daarbenewens roep Hy elkeen van ons by die naam, en dit is ons taak as Christene om te antwoord op wat Hy ons vra om met ons lewens te doen.

Dikwels as mense nie die gawes gebruik wat God hulle gegee het nie, is dit as gevolg van vrees. Dit is nie ‘n gebrek aan goeie wil wat hulle daarvan weerhou om op God te reageer nie, maar veelmeer omdat hulle gevangenes van vrees geword het. Ons is miskien geneig om vir hierdie mense jammer te voel en geskok te wees oor hoe streng die gelykenis teenoor hulle is. Ons het almal vrese, maar wanneer ons toelaat dat hulle ons oorheers, neem hulle ons lewens oor, verhoed ons om die mense te wees wat God ons bedoel het om te wees, en lei ons op ‘n pad van selfvernietiging. Ons word geroep om ons vrese te konfronteer en, met God se hulp, te oorkom.

Die Here wat die talente uitgedeel het, keer terug om rekenskap te eis, want Hy wat nou geestelike gawes so ryklik skenk, sal by die oordeel ondersoekend vra na wat bereik is; Hy sal in ag neem wat almal ontvang het en dit opweeg teenoor die vermeerdering van sy gawes wat ons terugbring.

Die Heilige Gregorius Dialogos

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 7Februarie 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s