Die Tollenaar en die Fariseër

Vandag dui die begin van die Triodion aan terwyl ons ‘n tyd van voorbereiding vir die Groot Vastyd begin. En vandag se Evangelielesing roep ons op tot nadenke oor ons ware situasie voor God, en die soort bekering wat God in die tyd wat kom van ons verlang.Tollenaar

In hierdie gelykenis van die Tollenaar en die Fariseër gee Jesus Christus ons twee baie verskillende reaksies op God. Die Fariseër het homself ‘n regverdige man gereken. Hy dank God daarvoor en wys daarop dat hy nie soos ander sondaars is nie, veral nie soos die Tollenaar, in wie se teenwoordigheid hy gebid het nie. In teenstelling hiermee het die Tollenaar dit nie eens gewaag om sy oë hemelwaarts te wend nie, maar kon hy net oor en oor sê: “O God, ontferm U oor my sondaar.” En Jesus sê dan: “Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.”

Die Fariseër was in baie opsigte ‘n regverdige man en moet geprys word daarvoor dat hy God die eer vir sy goeie dade gee. Die dinge wat hy doen is goed. Maar in sy selfversekerdheid is hy blind vir sy eie sondes en sy eie gebrek aan ‘n besef dat hy self bekering nodig het, en sien hy homself in plaas daarvan as iemand wat reeds die eindpunt en doel bereik het. Wanneer hy hom met ander vergelyk, sien ons ook sy trots. Hy kort die nederigheid van die Tollenaar wat volkome bewus was van sy eie sonde, en wat nie na ander gekyk het nie, maar hom volkome aan die barmhartigheid van God oorgegee het.

Ons is baie gou om mense wat ons as Fariseërs beskou, te oordeel, en tog het ons almal iets van die Fariseër in ons. Ons verkies om op ons sterkpunte te fokus, en op die swakhede van ander te wys. En tog wys Christus ons daarop dat ons ons net deur in ons eie harte af te daal en te erken wie ons werklik voor God is, kan werp op sy ontferming en sy vergifnis kan ontvang.

Broeders, laat ons nie bid soos die Fariseër nie, want wie homself verhef, sal verneder word. Maar laat ons ons voor God verneder, en soos die vastende Tollenaar roep: O God, ontferm U oor ons sondaars.

Uit die Vespers vir die Sondag van die Tollenaar en die Fariseër.

 

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 21 Februarie 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s