Die Verlore Seun

Ons gaan vandag voort met ons voorbereiding vir die Groot Vastyd deur die gelykenis van die Verlore Seun te hoor. Deur hierdie gelykenis aan ons voor te hou waar ons hierdie tyd van bekering ingaan, herinner die Kerk ons aan waaroor bekering eintlik gaan, naamlik ons terugkeer na die liefdevolle God van Wie ons afgedwaal het.prodigal-son

In hierdie bekende gelykenis beskryf Jesus hoe ‘n man sy erfdeel geneem het en dit deurgebring het deur na ‘n verafgeleë land te reis en brandarm te raak as gevolg van sy losbandige leefwyse. Hy het uiteindelik tot sy sinne gekom en besef dat hy beter daaraan toe sou wees om na sy vader terug te keer en en te vra om as huurling in diens geneem te word, maar sy vader, toe hy hom sien kom, het hom as ‘n seun verwelkom en nie geaarsel om ‘n feesmaal vir hom te reël nie.

Die gelykenis van die Verlore Seun is ons eie verhaal, en Jesus vertel dit om vir ons aan te toon wat bekering beteken. Die kern van die verhaal is die verhouding tussen die vader en sy eiesinnige seun, en in dié verhouding sien ons ons eie verhouding met God.  Hy is ‘n liefdevolle Vader wat daarna verlang dat ons na Hom terugkeer. Hy is nie ‘n streng regter wat opweeg wat ons gedoen het nie, maar eerder ‘n Vader wat nie ophou verlang dat ons na Hom sal terugkeer nie.

Deur God te verwerp en van Hom af weg te dwaal, het ons in sonde vasgeval. Sonde is nie net die oortreding van die gebooie nie, maar die vernietiging van ons verhouding met God. En bekering is dan ons terugkeer na God, ons liefdevolle Vader wat daarna verlang om ons terug te verwelkom.

Ek het die rykdom verkwis wat die Vader my geskenk het, en  in my ongeluk my voedsel gesoek by die verstandlose dier. Ja, sonder om versadig te word, het ek verlang na die kos van die varke. Maar nou het ek teruggekeer na die barmhartige Vader en roep in trane tot Hom: “Neem my aan soos een van u huurlinge, nou dat ek voor u liefde vir die mens, neerval en verlos my.

 

Uit die Vespers vir die Sondag van die Verlore Seun.

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 28 Februarie 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s