Die laaste oordeel

Vandag, waar ons ons voorbereiding vir die Groot Vastyd voortsit, hoor ons Jesus Christus se prikkelende woorde oor die laaste oordeel. Daar word vir ons vertel dat Hy op die laaste dag die skape van die bokke sal skei, met die skape dan hulle wat na hul ewige loon sal gaan, en die bokke hulle wat na hul ewige straf sal gaan.last_judgement_full

Die Kerk neem die gedagte van ‘n laaste oordeel ernstig op juis omdat dit die lewe ernstig opneem, en in die Vastyd wat kom, word ons opgeroep om ons lewens ernstig in oënskou te neem en te kyk na waarheen dit ons lei. Selfs sonder die verwagting van God se oordeel is ons nog steeds geneig om onsself te oordeel, want ons het ‘n ingebore vrees dat ons aan die einde van ons lewe sal kom en ontdek dat ons die geleenthede wat ons gehad het, verkwis het.

In hierdie Evangelielesing sien ons Jesus Christus egter ‘n nuwe dimensie aan ons begrip van oordeel bekendstel. Ons sal nie geoordeel word bloot op grond daarvan dat ons sekere wette nagekom het nie, of selfs of ons “goeie” mense is of nie, maar veelmeer op grond van of ons liefgehad het of nie.

Die Christendom is nie ‘n godsdiens gegrond op die onderhouding van wette nie, of selfs die doen van goeie werke nie, al mag dit ook hoe bewonderenswaardig wees. Dit is veelmeer gegrond op verhouding – ons verhouding met God en ons verhouding met dié rondom ons. En in hierdie Evangelielesing sien ons hoe daar tussen hierdie twee elemente ‘n noue band bestaan. God openbaar Homself aan ons en diegene om ons en dit is in ons antwoord op hulle dat ons ons antwoord op Hom sien. Want dit is net deur die erkenning van die wesenlike menslikheid van die ander, en deur te leer om Christus in hulle te sien, dat ons die sleutel tot ons verlossing vind.

Dink tog, o my, siel, dat die tyd naby is; haas jou om vol geloof te roep: “Ek het gesondig, Heer, teen U het ek gesondig. Maar ek ken u barmhartigheid en mensliewendheid, o Goeie Herder.”

 Uit die Vespers vir die Sondag van die Laaste Oordeel.

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 6 Maart 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s