Vergifnissondag

Vandag is die laaste Sondag voor die begin van die Groot Vastyd, die tyd van genade waarin die Kerk ons oproep om deur vas en bekering na God terug te keer. En op die vooraand van die Vastyd hoor ons Jesus se ietwat angswekkende woorde oor die belangrikheid van vergifnis. Hy sê vir ons dat as ons nie ander vergewe nie, ons ook nie vergewe sal word nie.eden

Vas is gemeenskaplik aan baie godsdienste en party van hulle vas selfs strenger as Christene. Die doel van vas is vir Christene nie die opstapeling van ons eie asketiese strewes nie, maar eerder die sagmaak van ons verharde harte sodat ons omvorm kan word in mense wat God en ons medemens waarlik lief het.

Die Kerk begin die tydperk van vas dus deur ons aan te moeding om vergifnis van ons broers en susters te vra, en ons word ook gevra om diegene te vergewe wat ons aanstoot gegee en seergemaak het. Dit is geen gering taak nie, veral in gevalle waar ons diep seergemaak is. Tog sien Jesus Christus vergifnis as deel van die kern van die Evangelie.

Dit is verder nie genoeg om eenvoudig te sê dat ons mense vergewe en dan voortgaan om ‘n wrok teen hulle te koester nie.  Ons word inteendeel geroep om “alle herinneringe aan boosheid ter syde te stel”, sodat die vergifnis wat ons met ons lippe betuig, ook in ons harte kan wortel skiet en ons verhoudings met hulle om ons kan omvorm. Dit is iets wat ons nie op ons eie kan doen nie. Ons het God se hulp nodig, en dit is eers as ons begin insien dat ook ons sondaars is wat God se ontferming nodig het, dat ons die bronne van medelye in ons sal kan vind wat ons in staat sal stel om ander uit die hart uit te vergewe.

Terwyl ons alle herinneringe aan boosheid ter syde stel, laat ons hardop roep: “Ons het teen U gesondig, Christus ons Koning; red ons soos die mense van Ninevé van ouds, en in u medelye, maak ons deelhebbers aan u hemelse Koninkryk.”

Uit die Groot Vesperdiens vir Vergifnissondag.

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 13 Maart 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s