Jou sondes is jou vergewe

Markus 2:1-12

Vandag, op die tweede Sondag van die Groot Vastyd, wat ook die Sondag van die Heilige Gregorius Palamas is, hoor ons die Heilige Markus se beskrywing van die genesing van die verlamde. Daar word vir ons vertel hoe hierdie man deur sy vriende na Jesus gebring is en, vanweë die skare in die huis waar Jesus was, moes hy deur die dak in die huis neergelaat word. Ons word vertel dat Jesus Christus op die geloof van die man se vriende geantwoord het deur vir die verlamde te sê dat sy sondes vergewe is –iets wat die skrifgeleerdes kwaad gemaak het, want net God kan sondes vergewe- en hom later beveel het om op te staan en te loop.

Christ-cures-the-paralytic

Terwyl ons op ons Vastydtog voortgaan, gee die Kerk vir ons hierdie lesing om ons daaraan te herinner dat ons almal siek is en genesing nodig het. Die binnekoms van die sonde in die wêreld, en die verlies aan die paradys, waaraan ons aan die begin van die vas herinner is, het beteken dat ons menslike natuur bedorwe en siek geraak het. Die bekering waartoe ons geroep word, is wesenlik ‘n manier waarop ons genees kan word deur Christus, die Goddelike Geneesheer.

‘n Mens moet daarop let dat hierdie verlamde deur sy vriende na Jesus gebring is. Hy kon nie op sy eie kom nie en dit is in antwoord op hulle geloof dat Christus hom genees het. Ook ons het ander nodig om ons te help om Christus te nader, om ons te help om ons eie behoefte aan genesing te erken, en tot Hom uit te roep. Ons kan dit nie op ons eie doen nie. Die dienste van die Kerk in hierdie Vastyd, en die middele tot bekering wat Sy ons bied, is nie maar net daar om bloot ‘n groter las op ons lewens te plaas nie, of om ons belangrik te laat voel oor ons eie asketiese pogings nie. Dit is veelmeer daar om ons te help om ons te bekeer, om ons te help kom op ‘n plek waar ons –nie net in woorde nie, maar in die diepte van ons harte – ons eie behoefte aan genesing besef en ons dan so bloot te stel aan die Goddelike Geneesheer wat daarna verlang om ons te genees.

 

 

Laat my wat gesterf het weer lewe; reinig my deur die vas, nou dat ek wenend tot U roep: “Meester, Christus, wees medelydend teenoor my in u groot barmhartigheid.”

Uit die Vespers vir die Sondagaand van die Tweede Sondag van die Groot Vastyd

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 27 Maart 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s