Om jou kruis op te neem

Vandag, op die derde Sondag van die Groot Vastyd, die Sondag van die Kruisverering, hoor ons die Evangelie van Markus en die prikkelende woorde van Jesus Christus  oor wat dit beteken om sy volgelinge te wees. Hy vra ons om onself te verloën, ons kruis op te neem en Hom te volg, en waarsku ons dat as ons ons eie lewens wil red ons dit vir seker sal verloor.take up your cross

Dit is ontstellende woorde en herinner ons aan die groot prys wat ons moet betaal daarvoor om ‘n Christen te wees. Al te dikwels kan ons wat dit beteken om jou kruis op te neem, geringskat en vergeet dat die Kruis vir Christus iets was wat Hom sy lewe gekos het. En Hy herinner ons in hierdie Evangelielesing daaraan dat as ons sy volgelinge wil wees, dit ons ons lewens sal kos.

Ons kan miskien wonder daaroor. Is ons lewe nie ‘n gawe van God nie, en wil Hy dan nie hê dat ons voluit moet lewe nie? Waarom sou Hy van ons verwag om ons lewe te verloën?Wil God regtig hê dat ons misrabel moet wees? Jesus gee ons ‘n leidraad tot hierdie paradoks deur vir ons te sê dat “elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, sal dit red.”

Jesus Christus het gekom om ons ‘n oorvloed van die lewe te bring en hulle in die grafte tot die lewe te herstel, soos ons met Pasga gaan sing. Maar ten einde hierdie gawe van lewe te ontvang, moet ons eers al ons neigings tot die sonde afsterf, ons eie selfsugtigheid en die baie maniere waarop dit ons lewens deurdring het, versaak, en bereid wees ons Christus waarlik te volg. Wat dit beteken, sal vir elkeen van ons verskillend wees, maar ons weet dat daar geen ware lewe is wat nie beteken om vir jouself te sterf nie. En ons weet ook dat deur dit te doen, ons die enigste lewe ontvang wat werklik die moeite werd is om te hê.

Abba Josef het vir Abba Isak gesê: “Ek was op ‘n keer saam met Abba Pimen en het gesien hoe hy in ekstase gaan. Omdat ek baie vrymoedigheid teenoor hom gehad het, het ek voor hom neergeval en vir hom gesê: ‘Sê vir my; waar was jy?’ Hy moes toe erken: ‘My gedagtes was by die Kruis van ons Heiland, waar die heilige Maria die Moeder van God gestaan het, en ek wou nog altyd só geween het.'”

Uit die Gesegdes van die Woestynvaders

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 3  April  2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s