Die Paasboodskap van ons Pous en Patriarg Theodoros 2016

Prot. Nr. 67/2016

THEODOROS II

DEUR DIE GENADE VAN GOD POUS EN PATRIARG VAN ALEXANDRIË

EN DIE HELE AFRIKA;

AAN DIE VOLHEID VAN ONS APOSTOLIESE EN PATRIARGALE TROON:

GENADE EN BARMHARTIGHEID EN VREDE VAN ONS VERRESE HERE EN GOD EN HEILAND JESUS CHRISTUS

 

“Ek het vir julle arm geword; Ek het ‘n bedelaar vir julle geword; Ek is vir julle gekruisig; Ek is vir julle begrawe; in die hemel bid ek tot die Vader vir julle; Ek is deur die Vader na die aarde gestuur om vir julle in te tree.”

My liewe broers en susters,

 

Met hierdie woorde beskryf Johannes Chrysostomos die wyse sowel as die doel van God se reddened ingryping in die geskiedenis van die mens. Die Seun van God het na die aarde toe neergedaal, om die hemel aan die mensdom te bied. Die Seun van God het mens geword om die verhouding te herstel wat deur die val uit die Paradys gebreek is. Die Seun van God het met die menslike natuur in gemeenskap getree om ‘n einde te maak aan die ballingskap uit die Tuin van Eden en ons na sy Koninkryk te nooi.

 

In die person van Jesus Christus het ons die Enigste een gesien wat niks te baat het by ons nie; die Enigste een wat ons nooit sal verlaat nie, al stel ons Hom hoeveel keer teleur, solank ons Hom net weer soek; die Enigste een vir Wie ons niks hoef weg te steek nie omdat Hy alles weet; die Enigste een wat ons die kosbare nalatenskap van Sy Liggaam en Bloed vir ons nagelaat het sodat almal gemeenskap kan hou en krag in hul swaarkry ontvang en nie net voortreflik onder mense kan word nie, maar God deur die genade.

En al weet ons, nie teoreties nie, maar deur die Openbaring, dat Hy vir ons gekruisig is en gely het, opgestaan het en ons na die hemele gelei het, huiwer ons om ons hande uit te strek om saam met Hom te reis weg van die Onderwêreld van ons lewens. En selfs al weet ons dat die Seun van God na ons wêreld gekom het, na die werk van sy hande, om die Skepper met sy skepping te versoen, gaan ons voort om Hóm wat liefdevol wag, die rug toe te keer. En al doen ons alles moontlik om ons liggame te genees, ‘n bederflike werklikheid, is ons onverskillig oor ons siele, ‘n werklikheid wat nooit sal sterf nie.

 

Dit is hierdie onverskilligheid oor ons siele, hierdie asem van God in ons aardse natuur, wat die onbestendigheid en die onveiligheid wat ons daagliks ervaar, aan die gang sit. Want as ons ons oor ons siele sou bekommer, sou ons die gebod van die liefde, die kerngebod van die Nuwe Testament, daardie verbond wat ons met God geteken het, in werking stel. Dan sou ons die hongeres voed, sou ons hulle wat dors het te drinke gee, sou ons almal in nood herberg gee, sou ons die pyn van die siekes stil, sou ons diegene in die gevangenis besoek.

 

Ons sou, met ander woorde in Christus bly, want Hy sou in ons bly. Ons plaas egter die ek in plaas van ons voorop. Ons het die Openbaring ‘n godsdiens en geloof vir ons eie persoonlike verlossing gemaak. In plaas van deel, liefde gee en te deel in die pyn van ons medemens, het ons onverskilligheid getoon vir die ongeregtighede wat ons medemens aangedoen word en het ons die skynheiligheid van baie mense verdra. Ons het die wil van God beperk tot ons persoonlike verhouding met Hom en het dit nie regdeur ons lewens in die gemeenskap van die mensdom uitgebrei nie.

 

En tog, selfs nou dat die liggaam van die mensdom ernstig siek is, moet ons ons hoop op die Here lewendig hou. Solank ons die selle van die liefde aktiveer in ‘n liggaam wat deur die gevaalike virus van haat besmet is. Haat vir iemand wat ‘n ander velkleur, godsdiens, taal, en ideologie het as ons s’n. Haat wat die God van liefde en vrede omskep in ‘n bestraffende en wraaksugtige God. Daardie haat wat nie die God van die Skepping aanroep nie, die God wat lewe in die wêreld lewe en vir die verlossing van Sy wêreld, maar ‘n kwaadwillige God wat die vernietiging van Sy skepping heilig.

 

My liewe broers en suster, soos die Heilige Kosmas die Aetoliër gesê het: watter goed ons ookal doen – vas, bid, barmhartigheidswerk -as ons ons broers en susters haat, is al die goed wat ons gedoen het tevergeefs. Soos wat ons maar ‘n klein bietjie suurdeeg by ‘n honderd kilo’s meel voeg, en dit die krag het om al die deeg te laat  rys, laat ons dus ook in die meel van haat ‘n bietjie suurdeeg van die liefde van Christus plaas. Dit het soveel krag dat dit die pyn en die wanhoop van hierdie wêreld sal verlig.

 

 

Christus het opgestaan!

 

 

 

 

THEODOROS

Pous en Patriarg van Alexandrië en die Hele Afrika

 

 

In die Groot Stad Alexandrië

Heilige Pasga 2016

 

 

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s