Hy het opgestaan!

Jammer vir die laat plasing van hierdie stukkie. Ek was vir die naweek in Bloemfontein waar ek die Liturgie  in Afrikaans gevier het in die Kerk van die Aankondiging en waar ons met groot gasvryheid deur vr. George en die Griekse gemeenskap ontvang is. Vr. Zacharias

 Markus 15:43-47; 16:1-8 

Vandag, op die Sondag van die Heilige Mirredraagsters, hoor ons die Heilige Markus se vertelling van hoe die heilige vroue na die graf van Christus gegaan het om sy liggaam te salf, en toe ‘n engel teëkom wat die nuus aan hulle bring dat Hy opgestaan het.Holy Myrrhbearers

Ons hoor nou al, en vier nou al, die afgelope twee weke die nuus van Christus se Opstanding, en ons weet dat die Opstanding die absolute kern van ons geloof is. Tog moes dit vir hierdie vroue, wat reeds deur die Kruisiging getraumatiseer is, ‘n taamlike skok gewees het om te verneem dat Christus se liggaam nie meer in die graf is nie. ‘n Mens kan hulle nie kwalik neem dat hulle bang was nie en dit is nie onverwags dat dit ‘n tydjie geneem het voor hulle werklik kon begryp wat gebeur het nie. Dit was egter hierdie vroue wat die eerstes was om die goeie nuus te verkondig dat Christus opgestaan het.

Ons is gewoond daaraan om die Opstanding van Christus met Pasga te vier, tog kan hierdie Evangelielesing ons help nadink oor die nuutheid van die Opstanding. In die Opstanding van Jesus Christus sien ons die krag van God op dramatiese wyse ons wêreld binnedring. Dit kan nogal onrusbarend wees, want dit keer ons normale verwagtinge heeltemal om. Soos die heilige vroue by die graf, weet ons miskien ook nie wat om te verwag wanneer ons God in ons lewens inlaat nie.

Die engel sê vir die vroue om nie te vrees nie, want Christus het opgestaan. Hy het hulle nie verlaat nie, maar het voor hulle uitgegaan na Galiléa, en hulle kry die opdrag om om vir die apostels te vertel van sy Opstanding. Op dieselfde wyse gaan Jesus Christus ons vooruit. Hy breek deur ons geslote deure ten einde ons te roep om Hom in sy verrese Lewe te volg. Dit kan ontstellend wees want dit lei ons die onbekende in. Tog weet ons dat Hy voor ons uitgaan en ons altyd sal lei en rig.

Laat ons vroeg in die môre opstaan en vir die Meester ‘n loflied in plaas van mirre bring, en ons sal Christus die Son van Geregtigheid sien wat lewe vir almal laat opkom.

Vyfde Ode van die Paaskanon van Johannes van Damaskus

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 15 Mei  2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s