Neem jou bed op en loop!

Die Kerk gedenk vandag die genesing van die verlamde by die bad van Betésda. Hierdie verlamde het agt-en-dertig jaar gewag om genees te word. Toe Jesus hom sien, het Hy hom gevra of hy genees wou word en toe die man antwoord dat hy niemand het om hom in die genesende water in te help nie, het Jesus hom beveel om sy bed op te neem en te loop.
Die Kerk gee hierdie beskrywing van een van die groot genesingswonders van die Here in die Paastyd om Christus se oorwinning oor die sonde en die dood toe te lig. Die Kerk beskou die genesing van die verlamde as simbool van die hernuwing van lewe van die ganse mensdom deur die opstanding van Christus.

Vandag se Evangelielesing is een van die weinige plekke waar Jesus Christus sonde en siekte met mekaar in verband bring, wanneer hy vir die man wat genees is, sê: “Moenie meer sondig nie”. Nie alle siekte word deur sonde veroorsaak nie, maar ons weeet dat daar tussen geestelike siekte en liggaamlike siekte ‘n verband bestaan, soos skynbaar in hierdie geval.
Ons is trouens almal geestelik siek, en dit het op verskeie maniere ‘n uitwerking op ons, dikwels sonder dat ons eers daarvan bewus is. Dit was om ons te genees van hierdie sonde dat Jesus Christus ons werklikheid op Hom geneem het in sy dood aan die Kruis, en, deur sy opstanding, vir ons die weg na genesing geopen het. Dit is waarom ons tot Hom kan uitroep: “Genees my siel, wat al jarelank siek is, soos U die verlamde genees het.”

Laat my siel wat deur baie sonde en onbesonne dade geheel en al verlam is, o Heer, deur u goddelike teenwoordigheid weer opstaan, soos wat Ueens die verlamde laat opstaan het, sodat ek gered tot U mag roep: Barmhartige Christus, eer aan u krag! 

Kontakion vir die Sondag van die Verlamde

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 22 Mei 2016

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s