Lewende Water

Die Kerk gedenk vandag die Sondag van die Samaritaanse Vrou. Die Evanglie volgens Johannes gee die merkwaardige gesprek weer wat sy met Jesus gehad het by Jakob se put in Samaria. Nie net breek Jesus deur die aanvaarde Joodse gebruike deur in gesprek te tree met ‘n vrou en ‘n Samaritaan nie, maar Hy bring ook aan die lig dat hy presies weet wat in haar verlede gebeur het.

Meer wesenlik openbaar Jesus Christus egter aan hierdie vrou wat haar diepste verlange is, en haar dors na God, en Hy Self les hierdie dors. Hy vra haar vir water om te drink, maar dit is sy wat op die ou end besef dat Hy die Lewende Water is waarna sy verlang.

Die Kerk gee ons hierdie Evangeliebeskrywing in die middel van die Paastyd want ook ons begin ons eie dors na die Lewende Water besef wat net die Verrese Christus ons kan gee. Die afgelope Woensdag, op Middepinkster,  het ons gebid: “Gee my dorstige siel te drink uit die waters van ware lofprysing.”

Soos die Samaritaanse vrou – wat die Kerk beskou as die Heilige Fotini – besef ons dikwels nie ons ware behoefte aan God nie. Ons kan selfs daarin bedrewe raak om te lieg oor wie ons eintlik is, net soos wat sy haar duistere verlede probeer toesmeer het. ‘n Ware ontmoeting met die Verrese Christus sal beteken dat ons die waarheid van wie ons eintlik is, sal moet erken sodat ons God se ontferming en sy oorweldigende liefde kan aanvaar.

Hy wat die aarde bo die waters gehang het, vra om water. Hy wat fonteine en waterpoele laat ontspring, vra om water omdat Hy haar wat deur die oorlogsugtige vyand gejag word, wil trek, en om die dors te les van haar wat aan die brand is met bose verlangens,  want Hy alleen is medelydend en mensliewend.

Uit die Klein Vespers vir die Sondag van die Smaritaanse Vrou

 

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 29 Mei 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s