Ek was blind en kan nou sien

Vandag gedenk ons die genesing van die blindgeborene. Die Heilige Johannes vertel vir ons hoe Jesus hom uitgekies, ‘n smeersel aan sy oë gesmeer en hom opdrag gegee het om hom in die badwater van Siloam te gaan was. Toe die man terugkeer, kon hy sien.Blinde

Hierdie wonderwerk wat die Here gedoen het deur sig aan die blinde man te gee, het ‘n nou verband met die misteries wat ons sedert Pasga vier. Deur uit die dood uit op te staan, het die Verrese Christus lig aan die hele wêreld gegee en ons vrygemaak van die magte van die duisternis. By verlede week se Liturgie het ons gesing dat Christus “na Hy buite sig in die graf was, weer opgestaan het, helderder as die son, en daardeur alle gelowiges verlig.”

Die Opstanding van die Here is egter nie bloot ‘n uiterlike gebeurtenis wat ons gevra word om te bevestig nie, maar ‘n lewende werklikheid wat ons moet leer sien. Soos die man in die Evangelie is ook ons blind, hoewel ons blindheid waarskynlik meer geestelik as liggaamlik is. Ons oë het deur sonde, en deur die gevalle toestand van die wêreld waarin ons gebore is, verdonker geraak.

Die Verrese Christus kom om ons met sy lig te verlig, net soos wat Hy na die blindgeborene gekom het. Hy kom om ons van ons eie geestelike blindheid te genees. Om egter hierdie ware en reddende lig te aanskou, moet ons nederigheid en berou kweek, en ons eie blindheid erken en om genesing tot Hom uitroep.

Ook jy moet na Siloam kom, dit wil sê, na Hom wat deur die Vader gestuur is, soos wat Hy in die Evangelie sê: “My leer is nie myne nie, maar van Hom wat My gestuur het.” Laat Christus jou was, en jy sal sien ……. Jy sal dan kan sê: “Ek was blind en kan nou sien.” En, soos die blinde gesê het toe sy oë die lig begin ontvang het, kan ook jy sê: “Die nag het ver gevorder en dit is amper dag.”

Die Heilige Ambrosius van Milaan

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 5 junie 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s