Bewaar hulle in u waarheid

Johannes 17:1-13

Die afgelope Donderdag het ons die Hemelvaart van Jesus Christus gevier en volgende Sondag vier ons die koms van die Heilige Gees met Pinkster. Christus is nie meer in ‘n liggaamlike gedaante onder ons soos wat Hy eens was nie, maar Hy verseker ons dat sy Heilige Gees ons sal vertroos, versterk en lei.pantocrator-1

In vandag se Evangelielesing vertel die Heilige Johannes vir ons van Jesus se gebed voor sy Kruisiging, waar Hy bid vir sy volgelinge, en vra dat hulle in die waarheid bewaar sal word en in eenheid met mekaar. Hierdie waarheid is nie iets abstrak nie. Dit gaan eintlik oor ‘n verhouding-‘n verhouding wat God ons gegee het. Hy het sy waarheid in sy Seun aan ons geopenbaar, en Hy bewaar en hou ons in hierdie Waarheid. Soos Jesus dan bid: “Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat  U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.”

Op dieselfde wyse is die Kerk nie bloot ‘n versameling indiwidue wat dieselfde oor goed glo nie. Die Kerk is veelmeer ‘n lewende wese wat aanmekaar gehou word deur ons gemeenskap met God en met mekaar. Dit verenig ons met die Bron van die Lewe, God Self. Dit is die plek waar ons in ‘n dikwels onveilige en vyandige wêreld beskerm, gevoed en ondersteun word.

Op hierdie Sondag van die Heilige Vaders van Nicaea word ons ook herinner aan die belangrikheid van die waarheid van ons geloof – en wat ons verskuldig is aan hulle wat dit vir ons verdedig het. Hierdie waarheid is nie iets abstrak nie, nog minder iets onderdrukkend waaraan ons ons moet oorgee uit vrees vir straf nie. Dit is veelmeer die moontlikheid om deel te hê aan die gemeenskap van die Kerk, om gelei te word in ‘n groterwordende deelname aan die lewe van God Self.

Hierdie kennis …. is lewe. Want dit woon in ons harte, en herskep diegene wat dit in kindskap met Hom ontvang en wat hulle vorm in onbederflikheid en vroomheid teenoor God in die lewe, in ooreenstemming met die Evangelie.

Die Heilige Cyrillus van Alexandrië.

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 12 Junie  2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s