Laat almal wat dors het, kom!

Jn. 7:37-52; 8:12

In vandag se Evangelielesing vir die Pinksterfees, hoor ons Jesus oor die koms van die Heilige Gees praat. Na Hy vir sy dissipels gesê het dat Hy hulle sou verlaat, het Hy uitgeroep: “As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!” En Hy voeg daarby: “Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.”

Die Heilige Johannes vertel ons dat Christus hier verwys het na die Heilige Gees wat na sy hemelvaart op Sy dissipels sou neerdaal. Die Ou-Testamentiese Skrif is vol verwysings na water en die krag daarvan om te vernietig sowel as te red. Netso gebruik Jesus die beeld van water om te verwys na ons geestelike dors wat net in Hom bevredig kan word. Op die Sondag van die Samaritaanse Vrou het ons gesien hoe Hy Homself as die Lewende Water beskryf,pentecost

Maar die beeld van Lewende Water word ook op die Heilige Gees van toepassing gemaak. Die Heilige Cyrillus van Jerusalem sê vir ons dat die “strome van lewende water” wat Christus vir ons sê uit ons binneste sal vloei, nie “strome is wat deur die sintuie ervaarvaar word wat bloot die aarde met sy dorings en bome benat nie. Maar hulle is strome wat die siel na die lig bring.”

Daar kan na Heilige Gees verwys word as water vanweë dit wat Hy vir ons doen. Die Heilige Cyrillus gaan voort:

“En waarom het Hy die genade van die Gees ‘water’ genoem? Omdat alles uit water bestaan; omdat water gras en lewende dinge voortbring; omdat die water van reënbuie uit die hemele neerdaal; omdat dit in op een manier neerdaal, maar op baie maniere werk   …….. En so deel ook die Heilige Gees, omdat Hy een is, en een in natuur en onverdeelbaar, aan elkeen Sy genade net soos Hy wil uit. En soos wat die droë boom, na dit met water gevoed is, lote uitstuur, so bring ook die siel in sonde, wanneer dit deur bekering waardig gemaak is vir die Heilige Gees, trosse geregtigheid voort. En al is Hy een van natuur, is die deugde wat Hy deur die wil van God en in die naam van Christus inprent baie.

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 19 Junie  2016

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s