Julle sal honderd maal soveel ontvang

Waar ons vandag die Sondag van Alle Heiliges vier, hoor ons Jesus Christus wat sy dissipels sowel aanspoor as verseker van die loon wat op húlle wag wat alles verlaat het om Hom te volg, en wat aan Hom getrou gebly het ten spyte van die swaarkry en vervolging. Hy sê vir ons dat “wie  vader of moeder bo My liefhet, is my nie waardig nie” en dat “elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat, honderd maal soveel (sal) ontvang en die ewige lewe beërwe.”all_saints011

Dit is prikkelende woorde. Ons kan beslis sien hoe dit op dramatiese wyse tot uitdrukking kom in die lewens van baie van die Heiliges, wat hul gesinne en families,  en soms selfs hul vaderland,  ter wille van die Evangelie letterlik verlaat het. Maar ons kan miskien wonder hoe hierdie woorde op ons van toepassing is. Word ons nie ook tot heiliged geroep nie?

Die lyk asof daardie antwoord geleë is in wat in ons harte is. Christus sê dat ons nie ons families en gesinne moet liefhê nie, en ook nie almal word geroep om hulle gesinne en families en vaderland te verlaat nie. Maar Hy sê wel dat as ons hierdie dinge bo Hom liefhet, is ons Hom nie waardig nie.

Waartoe Jesus Christus ons roep, is die regte ordening van dit wat ons liefhet. As Hy die middelpunt van ons lewens is, sal ons alles wat Hy ons gee, kan liefhê, maar op so ‘n manier dat dit God verheerlik. En as ons ons verhouding met Hom koester, sal Hy ons die wysheid gee om wys te kies sodat ons alledaagse lewens ook ‘n pad tot heiligheid kan word. Want heiligheid word nie gevind deur dramatiese ding vir God te doen nie, maar deur alledaagse, gewone dinge met ‘n rein hart te doen.

As die Here ons oningelig gelaat het oor die ordening van baie dinge in hierdie wêreld, beteken dit dat ons dit nie hoef te weet nie: ons kan nie die hele skepping in ons denke omvat nie. Maar die Skepper van hemel en aarde en elke geskape ding Self gee dat ons Hom in die Heilige Gees kan ken.

Die Heilige Siloean van die Berg Athos

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 2 Julie  2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s