Jou sondes is jou vergewe

Matthéüs 9:1-8

In vandag se Evangelielesing hoor ons die Heilige Matthéüs se vertelling van hoe Jesus Christus ‘n verlamde genees. Toe die man na H0m gebring is, het Hy die skrifgeleerdes aanstoot gegee deur vir hom te sê dat sy sondes vergewe is. Wetend wat deur hul gedagtes gaan, het Christus vir hulle gevra: “Wat is makliker, om te sê: ‘Die sondes is jou vergewe’ of om te sê: ‘Staan op en loop’?” En toe gaan Hy voort: “Maar dat julle kan weet dat die Seun van die Mens mag het om op aarde sondes te vergewe – toe sê Hy vir die verlamde man: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.”paralytic

Hierdie ontmoeting openbaar Wie Jesus waarlik is. Die Heilige Johannes Chrysostomos wys daarop dat Jesus, deur te weet  wat deur die gedagtes van die skrifgeleerdes gaan, Hom as waarlik God bewys. Bowendien is dit, soos hulle self sê, net God wat sondes kan vergewe. Hulle neem aanstoot juis omdat Jesus Christus, deur te beweer dat Hy sondes kan vergewe, Hom as waarlik God openbaar.

Maar hierdie ontmoeting openbaar ook die ware aard van die genesing wat ons nodig het. Die Heilige Johannes Chrysostomos wys voorts daarop dat as iemand kwaad moes gewees het, dit die verlamde man was. Hy het na Christus gekom om genees te word, maar in plaas daarvan word sy sondes vergewe. Alles behalwe kwaad, erken hy egter Christus se gesag, en gee hy hom oor aan die Een wat genees. En daardeur word hy liggaamlik en geestelik genees. Ons sien hier dat geestelike en liggaamlike genesing nou verwant is. Terwyl die verband tussen sonde en siekte nie duidelik afgebaken is nie – en Jesus ontken elders dat ‘n man se siekte die gevolg van sy sondes is (Jn.9:1-3) -is daar tog ‘n verband tussen sonde en lyding. Wanneer ons na God toe kom met wat ons dink ons nood is, moet ons ons vir Hom oopstel sodat Hy ons werklike nood aan ons kan  openbaar, want die genesing wat Hy ons bied, is dikwels baie groter as dit waarvan ons bewus is dat ons nodig het.

‘n Soldaat het Abba Mius gevra of God berou aanvaar. Na die ou man hom baie dinge geleer het, het hy gesê: “Sê vir my, liewe seun, as jou kleed geskeur is, gooi jy dit weg? ” Hy antwoord toe: “Nee, ek maak dit reg en dra dit weer.” Toe sê die ou man vir hom: “As jy so versigtig is met jou kleed, sal God nie ook net so versigtig wees met sy skepsel nie?”

Uit die gesegdes van die Vaders

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof  31 Julie 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s