Die Brood van die Lewe

  Matthéüs 14:14-22

Vandag hoor ons die Heilige Matthéüs se vertelling van die vermeerdering van die brode en visse en sien ons hoe Jesus Christus die diepste honger stil van hulle wat Hom soek.

Die skare het Jesus gevolg na die woestyn waar Hy Hom oor hulle ontferm het en die siekes genees het. Toe dit egter aand word, het Hy geweet dat hulle gevoed moes word. Toe die dissipels aandui dat hulle geen kos het nie, het Hy hulle die opdrag gegee om die skare self te voed, en die vyf brode en twee visse is op wonderbaarlike wyse vermeerder om die skare van vyf duisend manne, buiten die vroue en kinders, te voed.Bread of life

Hierdie gebeurtenis toon Christus se medelydende besorgdheid oor hulle in sy sorg. En dit toon ook dat Hy sy dissipels aanspoor om met Hom saam te werk in die versorging van behoeftiges. Hul eerste reaksie wat dat hulle niks het om vir die mense te gee nie, maar Jesus Christus wys vir ons dat selfs die klein dingetjies wat ons dikwels nie raaksien nie, omvorm kan word en baie nuttig kan wees wanneer dit vir diens in sy Koninkryk aangebied word.

Die vermeerdering van die brode en die visse het egter ‘n veel wyer betekenis as die blote bevrediging van mense se liggaamlike honger; dit gaan ook oor ‘n geestelike werklikheid. Jesus Christus is Self die Lewende Brood wat ons voed met sy woord soweal as sy eie Liggaam en Bloed. Hierdie Evangelielesing spoor ons aan om na te dink oor waaroor ons honger eintlik gaan, en watter soort voedsel ons siele waarlik sal versadig.

Die voeding van die menigte in die woestyn deur Christus is bewonderenswaardig. Maar dit is ook op ‘n ander manier nuttig. Ons kan duidelik sien dat hierdie nuwe wonderwerke in ooreenstemming is met dié van ouds. Dit is handelinge van een en dieselfde krag. Hy het manna in die woestyn op die Israeliete laat reën. Hy het hulle brood uit die hemel gegee. “Mense het die brood van engele geëet”, volgens die lofprysende woorde van die Psalms. Maar kyk! Hy het weer in oorvloed voedsel gegee aan diegene wat voedsel in die woestyn nodig gehad het. Hy het dit as ‘t ware laat neerdaal uit die hemel.

Die Heilige Cyrillus van Alexandrië

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 14 Augustus 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s