Here, red my!

 Matthéüs 14:22-34

Vandag, op die agste Sondag na Pinkster, hoor ons Matthéüs se beskrywing van hoe Jesus Christus na sy dissipels gekom het terwyl hy op die water geloop het toe hulle in ‘n storm beland het terwyl hulle die meer in ‘n boot oorsteek. Verder het die apostel Petrus gevra om toegelaat te word om oor die water by Christus te kom, maar toe hy vanweë die wind bang word, het hy begin sink en tot Christus geroep wat hom gered en die storm laat bedaar het.     

Hierdie voorval toon vir ons dat ons sonder Christus uitgelewer is aan allerhande gevare en storms. Jesus Christus kom te midde hiervan  na ons toe, en Hy roep ons om na Hom te kom. Selfs wanneer ons egter op Hom reageer en Hom probeer volg, loop ons steeds die gevaar dat ons aandag van Hom afgelei word. Wanneer ons begin konsentreer op die gevare om ons, en ons konsentrasie op Hom verloor, begin ons sink. Selfs dan reik Jesus egter steeds na ons toe uit, as ons gereed is om ons tot Hom te wend en saam met Petrus te roep: “Here, red my!”

Die wêreld waarin ons woon  sal ons ongetwyfeld versoekinge bied, en selfs wanneer ons Christus wil volg, kan ons vind dat ons maklik daarvan afgelei word. Ons kan ook mismoedig raak as gevolg van ons eie mislukkings. Ons moet dus die gewoonte aankweek om ons voortdurend tot Christus te wend en maniere te vind om ons gedagtes en ons oë gevestig te hou op Hom, en nie op onsself nie. Op ons eie kan ons niks doen nie, maar met sy hulp kan ons ons vrees oorwin en die probleme waarvoor ons te staan kom, oorkom.

Die Christen behoort nie in moeilike omstandighede te vrees of beangs te word, en so afgelei te word van sy vertroue op God nie; maar hy moet moed hou asof die Here byderhand is en sy sake rig en hom versterk teen al sy teenstanders, en asof die Heilige Gees hom voorlig selfs met betrekking tot hoe hy sy vyande moet antwoord.

Die Heilige Basilius die Grote

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 21 Augustus 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s