Om uit die hart uit te vergewe

Matthéüs 18:23-35

Vandag, op die elfde Sondag van Matthéüs, gaan Jesus voort om ons te leer hoe die lewe in die Koninkryk van God daar uitsien. In ‘n gelykenis oor vergifnis wat ‘n mens werklik tot nadenke stem, vertel Hy ons van ‘n dienskneg wat van groot skuld vrygestel is deur ‘n koning. Hierdie selfde dienskneg weier egter om ‘n ander dienskneg sy heelwat kleiner skuld te vergewe, wat die koning gevolglik vertoorn het wat hom weer in hegtenis laat neem het. So waarsku Jesus ons oor wat met ons sal gebeur as ons nie diegene vergewe wat ons kwaad aandoen nie.forgiveness

Vandag, op die elfde Sondag van Matthéüs, gaan Jesus voort om ons te leer hoe die lewe in die Koninkryk van God daar uitsien. In ‘n gelykenis oor vergifnis wat ‘n mens werklik tot nadenke stem, vertel Hy ons van ‘n dienskneg wat van groot skuld vrygestel is deur ‘n koning. Hierdie selfde dienskneg weier egter om ‘n ander dienskneg sy heelwat kleiner skuld te vergewe, wat die koning gevolglik vertoorn het wat hom weer in hegtenis laat neem het. So waarsku Jesus ons oor wat met ons sal gebeur as ons nie diegene vergewe wat ons kwaad aandoen nie.

Hier sien ons dat vergifnis wesenlik is aan ons Christengeloof. Aan die een kant ontvang ons vergifnis van God. Maar aan die ander kant is dit onlosmaaklik verbonde aan hoe ons ons broers en susters behandel. Op verskeie ander plekke in die Evangelies gee Jesus ons wesenlik dieselfde boodskap: As ons ander nie vergewe nie, sal God ons ook nie vergewe nie. Vergifnis is wel ‘n vrye gawe, maar dit vra ook alles wat ons het. Soos die Heilige Kiprianos van Karthago dit stel: “Daar is by die Laaste Oordeel, geen gronde vir verskoning wanneer ons volgens ons eie vonnis geoordeel gaan word nie; en wat jy ookal gedoen het, daaronder sal jy ook ly.”

Ons weet almal dat om te vergewe nie maklik is nie. Dit is nie net ‘n kwessie van die woorde uiter, of mense bloot net te verdra nie. Ware vergifnis vind plaas in die hart, en ons harte neem soms ‘n leeftyd om te leer om te vergewe. Vergifnis beteken om te leer om empatie te hê met ander en te leer om die verskillende faktore te sien wat hulle gemaak het wat hulle is, om te leer begryp waarom hulle optree soos wat hulle optree. Dit beteken om ons eie veroordeling eenkant te laat en hulle te leer sien soos wat God hulle sien.

God vergewe ons per slot van rekening vanweë die manier waarop hy na ons kyk. Hy kyk na ons met medelydende oë. Hy sien nie soseer ons sondes nie, maar mense wat Hy na Sy beeld geskep het. En Hy wil hê dat ons op dieselfde manier na ander moet kyk.

Daar is inderdaad ‘n Geneesheer vir man wat gestruikel het, naamli Hy wat op die Kruis gevra het genade betoon moet word aan hulle wat Hom gekruisig het, Hy wat Sy moordenaars vergewe het terwyl Hy aan die Kruis gehand het.

Die Heilige Isaak die Siriër

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s