Die Seun van die Mens moet Verhoog word

Johannes 3: 13-17

Vandag, op die Sondag voor die Fees van die Verheffing van die Heilige Kruis, hoor ons die woorde van Jesus aan Nikodemus wat gekom het om Hom te vra oor verlossing. En die kern van hierdie verlossing wat Jesus Christus gekom het om te bring aan die wêreld, is die groot misterie van die Kruis. Want dit is deur Sy dood en skynbare nederlaag op die Kruis dat Hy die dood in der waarheid oorwin en die weg tot die lewe vir almal wat Hom volg, geopen het.Cross

In hierdie gedeelte verwys Jesus na die koperslang wat Moses in opdrag van God op ‘n paal moes plaas toe die volk Israel in die woestyn rondgeswerf het. (Numeri 21:9) Baie van hulle het gely as gevolg van slangbyte, maar wanneer hulle na hierdie koperslag gekyk het, is hulle genees.

Dit is een van die Ou Testamentiese gedeeltes wat dui op die Kruis van Christus. Tog, soos die Heilige Johannes Chrysostomos ons herinner, is die genesing wat mense in dié slang gevind het net ‘n baie flou voorafbeelding van Christus se oorwinning aan die Kruis:

….daar het die hangende slang die byt van slange genees, hier het die gekruisigde Jesus die wonde genees wat deur die geestelik draak toegedien is; daar is hy wat met sy oë van vlees gekyk het, genees, hier word hy wat met die oë van begrip kyk van al sy sondes bevry; daar was wat daar gehang het koper wat gevorm is na die gelykenis van ‘n slang, hier was dit die Here se Liggaam, deur die Heilige Gees gebou; daar het ‘n slang gebyt en het ‘n slang genees, hier het die dood vernietig en ‘n Dood gered.

Dié groot oorwinning aan die Kruis is die kern van ons geloof, tog is dit ook ‘n groot teenstrydigheid en strek dit veel verder as ons logiese denk, en dit is waarom die Heilige Paulus dit ‘n “struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke” noem. (1 Kor. 1:23) Die dood van Christus aan die Kruis het waarlik vir ons die bron van die lewe geword.

 

Waarom het Christus Homself vir sondaars op die Kruis uitgestrek en waarom het Hy sy heilige Liggaam ter wille van die wêreld aan lyding oorgegee? Ek wil voorstel dat God dit om net een rede gedoen het: Om sy liefde aan die wêreld bekend te maak, sodat ons vermoë om lief te hê, wat deur so ‘n ontdekking sal toeneem, deur sy liefde gevange geneem sal word. 

Die Heilige Isaak die Siriër

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 11 September  2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s