Die Vrees van God

Lukas 5:1-11

Vandag hoor ons die Heilige Lukas se vertelling van die wonderlike visvangs. Die dissipels het heelnag visgevang, maar niks gevang nie. Toe Jesus hulle egter opdrag gee: “Vaar uit na die diep water en laat julle nette sak om te vang”, het hulle Hom nogtans gehoorsaam. Hulle het dit met geloof gedoen en daarom het hulle soveel visse gevang dat hul nette wou skeur en hulle ander moes roep om te kom help om alles in te trek,

Die dissipels was verbaas oor wat plaasgevind het, en die Heilige Lukas sê vir ons dat die Apostel Petrus op sy knieë voor Jesus neergeval het met die woorde: “Gaan weg van my, Here, want ek is ‘n sondige man!” Hier sien ons iets van die ontsag en verbasing wat ervaar word by die besef dat ons in die teenwoordigheid van God is. Maar Jesus antwoord:”Moenie vrees nie; van nou af sal julle mense vang.”Icon of the Fisher of men

Die vrees van God kan vandag vir ons ‘n moeilike begrip wees om te verstaan. Ons glo tog dat God liefde is en Hy sou tog nie wou hê dat ons vir Hom bang moet wees nie. Maar daar is ook ‘n ander – positiewe – vrees van God wat ons in hierdie Evangeliegedeelte sien. Ons hoor dit voortdurend herhaal in die gebede van die Kerk, veral wanneer die priester ons by die Liturgie nooi om die Heilige Kommunie te ontvang: “Met die vrees van God, geloof en liefde, tree nader.”

Hierdie positiewe sin van vrees is soortgelyk aan verbasing, ontsag en verwondering. Dit is die bewus wees daarvan dat ons met iets te doen het wat heeltemal buite ons normale verwysingsraamwerk is, wat ons nie kan tem of beheer nie. En dit maak ons bewus van ons eie nietigheid en sondigheid, in teenstelling met die onuitspreeklike heiligeheid van God.

Hierdie ontmoeting met die Lewende God is die kern van die Kerk se lewe. Tog is dit dikwels al te maklik vir ons om God as vanselfsprekend te aanvaar en hierdie bewus wees van Sy grootheid te verloor. Dit is waarom die Vaders van Kerk ons leer dat die vrees van die Here iets is wat ons moet aankweek en bewaar, terwyl ons versigtig moet wees om God se gawes nooit as vanselfsprekend te aanvaar nie.

Niemand kan God bewustelik in sy hart liefhê tensy hy Hom eers met sy hele hart vrees nie. Deur te vrees word die siel gereinig en as ‘t ware plooibaar gemaak en so ontwaak dit tot die handeling van die liefde.

Die Heilige Diadochos van Fotiki

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 25  September 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s