Julle moet julle vyande liefhê

Lk. 6:31-36

Vandag, op die Tweede Sondag van Lukas, hoor ons Jesus se prikkelende woorde oor ons vyande liefhê. Hy begin deur te sê dat ons ander moet behandel soos wat ons behandel sou wou word. Hierdie sogenaamde “Goue Reël” kom in baie godsdienste voor, en maak sin as ons in harmonie met ander wil saamwoon. Jesus gaan dan egter verder en sê vir ons dat ons ook ons vyande moet liefhê en goed aan hulle moet doen.pantocrator-1

Hierdie gedeelte kom onmiddellik na wat as die Saligsprekinge bekend staan (en wat ons op die meeste Sondae tydens die Liturgie sing), waarin Jesus Christus die waardes van die wêreld in werklikheid heeltemal omkeer. In teenstelling met ons gemeenskap wat die rykes, die magtiges en die gewildes hoog ag, sê Hy vir ons dat dit armes en hulle wat honger het wat salig is, en dat ons ons gelukkig moet ag as mense ons haat en uitsluit. Boonop raai Hy ons aan om op hulle te reageer met liefde en vergifnis.

Dit is harde woorde wat ons al te maklik kan probeer wegredeneer, want wie kan daaraan voldoen? Die sleutel vind ons wanneer Jesus vir ons sê: “Wees dan barmhartig , soos julle Vader ook barmhartig is.” Dit is inderdaad wanneer ons na Christus Self kyk dat ons die antwoord vind, want Hy is die uiterste voorbeeld van die Een wat verwerp en verraai is, selfs tot die dood toe, en tog het Hy nie op soortgelyke wyse gereageer nie. Deur Sy vyande lief te hê en vir diegene te bid wat Hom vervolg, het Jesus Christus die moontlikheid vir ons almal daargestel van ‘n ander manier van doen. En dit was op hierdie manier dat hy uiteindelik die dood oorwin het.

Op ons eie kan ons dit nie doen nie, want dit gaan reëlreg in teen die waardes van ons gevalle wêreld, en wat ook diep in ons gewortel is. Maar dit is die weg waartoe Jesus Christus ons roep, en deur Hom na te volg, kan ons ook -geleidelik, en soms deur te val en weer op te staan – leer wat dit beteken om ons lewens neer te lê vir diegene om ons. Maar ons sal dit net regkry deur naby aan Hom te bly en die Heilige Gees toe te laat om ons harte te verander.

“Hoe dan nou?” word daar gesê: “Moet ons dan nie weerstand  teen die bose bied nie?” Natuurlik moet ons, maar nie op dié manier nie, maar soos wat Hy beveel het, deur jouself prys te gee om wederregtelik te ly; want so sal jy die oorhand oor hom kry. Want ‘n vuur word nie geblus deur nog ‘n vuur nie, maar vuur deur water.

Die Heilige Johannes Chrysostomos

Volgende Week, 9 Oktober, sal die uittreksel uit Evangelion nie soos gewoonlik verskyn nie, maar eers Maandag 10 Oktober. Dit is as gevolg van Vr Zacharias wat die Aardklop Kunstefees in Potchefstroom gaan bywoon terwyl Vader Jacobus van der Riet die dienste daardie week hier op Betanië sal vier.

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s