Ek sê vir jou, Staan op …

Lk.7:11-16

Vandag hoor ons die Heilige Lukas se vertelling van die opwekking van die seun van die weduwee van Naïn. Terwyl Jesus Christus deur hierdie dorp gegaan het, het hy ‘n begrafnisstoet teëgekom, medelye gehad met die wenende moeder, en haar dooie seun aangeraak en hom sodoende tot die lewe opgewek. Die mense wat daar teenwoordig was, was verstom daardeur, met die vrees van God vervul, en het besef dat God sy volk besoek het.Nain

Hier sien ons die eintlike hart van die Evangelie-boodskap: Jesus Christus het gekom om ons uit die dood uit tot die lewe op te wek. Maar dit is nie ‘n blote abstrakte beginsel nie. Dit is veelmeer ‘n persoonlike ontmoeting tussen Jesus Christus en hierdie  treurende vrou. Hy het haar as ‘n unieke persoon gesien. Hy het haar pyn raakgesien en gaan stilstaan om met haar te praat.  Hy het na die baar gegaan en haar seun aangeraak, wat veroorsaak het dat die begrafnisstoet tot stilstand gekom het. Kortweg, Jesus het aandag aan haar gegee en was dáár vir haar.

Die evangelie-verhaal sê vir ons dat Jesus Christus “innig jammer vir haar gevoel” het. Ook hier sien ons iets wat tot die wese van ons geloof behoort: God gee werklik vir elkeen van ons om.  Soos ons herhaaldelik in die Liturgie bely: Hy is “die Mensliewende” wat na ons verlossing smag en wat ons wil genees en vernuwe. Hy treur wanneer ons treur en is saam met ons in ons pyn.

Jesus Christus het die jong man aangeraak en hom sodoende uit die dode opgewek. Dit lyk miskien soos ‘n voorval van lank gelede, ver van ons eie lewens verwyder. Maar ook ons kan deur Jesus aangeraak word wanneer ons onsself aan Hom blootstel en toelaat dat Hy met ons praat. Jesus Christus is in die Kerk steeds by ons teenwoordig en bied Homself aan ons in haar misteries (sakramente), veral in die Heilige Kommunie. Maar ons moet onsself aan Hom blootstel ten einde Sy teenwoordigheid te ervaar en sy helende aanraking te ontvang.

Die Seun van die Maagd het die seun van die weduwee ontmoet. Hy het soos ‘n spons geword vir haar trane en soos lewe vir die dood van haar seun. Die dood het in sy woonplek omgedraai en die Oorwinnaar die rug toegekeer.

Die Heilige Efrem die Siriër

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 9 Oktober 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s