Om ons harte vir die Evangelie voor te berei

Lk. 8:5-15

In vandag se Evangelielesing hoor ons die gelykenis van die Saaier waarin Jesus Christus vertel hoe ‘n boer sy saad in oorvloed gesaai het. Nie al die grond het dit egter ewe goed ontvang nie. Die saad wat op die pad geval het, is vertrap of deur die voëls geëet. Die saad wat op klipperige grond geval het, het nie genoeg voeding ontvang nie en het verdroog. Die saad wat tussen die dorings opgekom het, is daardeur verstik. Net die saad wat op goeie grond geval het, het gegroei en vrug gedra.christthesower

Hierdie gelykenis het duidelik te doen met ons eie lewens. Soos wat Jesus vir ons sê, is die saad die woord van God, wat God met vrygewigheid gee aan almal wat dit wil ontvang. Sommiges gee feitlik geen aandag daaraan voor die duiwel dit wegraap nie, terwyl ander dit ontvang maar gou opgee omdat hulle deur bekommernisse en die genietinge van die lewe afgelei word.  Maar daar is ook ander wat die woord hoor en “in ‘n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra.”

Hier bevraagteken Jesus ons oor hoe ons die woord van God ontvang. God praat met ons almal, maar ons reageer nie almal ewe goed op Hom nie. Soms is dit die gevolg van omstandighede van ons lewens wat Hom uitsluit, maar ons moet daarvan bewus wees dat ons ook self die grond van ons eie harte kan bewerk  sodat ons beter daartoe in staat sal wees om Hom te hoor en te ontvang. Die Heilige Cyrillus van Alexandrië skryf: “In hierdie dinge moet ons wees soos kundige boere wat die dorings geduldig wegskoffel en wat skadelik is met wortel en tak uittrek, en dan saai ons die saad in skoon vore.”

Terwyl ons na hierdie gelykenis luister, moet ons ons eie lewens in oënskou neem en onsself afvra: Wat kan ek doen om my eie lewe voor te berei om God se woord te ontvang?

Hy is waarlik die Saaier van alles wat goed is, en ons is sy boerdery. Die hele oes van geestelike vrugte kom voort deur Hom en van Hom. Hy het dit vir ons geleer toe Hy gesê het: “Sonder My kan julle niks doen nie.”

Die Heilige Cyrillus van Alexandrië

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 16 Oktober 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s