Nuwe Ortodokse Gemeente in wording in Stilfontein

‘n Ruk gelede het Nico en Susan Economakis die Gereformeerde Kerk in Stilfontein, wat in die mark was, gekoop met die doel om dit te omskep in ‘n Afrikaanse gemeente van die Ortodoks-Christelike Kerk. Met die seën die aartsbiskop van Johannesburg en die hulp van vr. Seraphim van Niekerk is ‘n begin gemaak met die omskepping van die gebou tot ‘n volwaardige Ortodokse kerk en is die Afrikaanse Ortodokse Sendinggemeente tot stand gebring. img_0192Tydens sy onlangse besoek aan Potchefstroom om die Aardklop Kunstefees by te woon, het vr. Zacharias van Robertson op pad soontoe op Stilfontein by die Economakisgesin aangedoen en het hulle hom geneem om te gaan kyk hoe dinge daar met die omskepping van die gebou vorder. image11Terwyl die werk aan die gebout voortgaan, word dienste reeds op ‘n gereelde grondslag daar gehou.

Totdat die Afrikaanssprekende Economakisgesin betrokke geraak het by die totstandkoming van ‘n Afrikaanse gemeente in hul eie omgewing, was hulle groot weldoeners van ons gemeente in Robertson en het die gesin by twee geleenthede Heilige Week by ons deurgebring. image1Ons as gemeente van die Kerk van die Heilige Maria die Egiptenaar hier in Robertson wens hulle alle seën toe met die groot werk wat hulle aangepak het.

image2

Advertisements

2 Kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

2 responses to “Nuwe Ortodokse Gemeente in wording in Stilfontein

  1. Susan Gmail

    Sjoe. Dis n baie mooi artikel vader maar n bietjie te veel ophemeling van die Economakisgesin!

    Sent from my iPhone

    • Nee, ek hemel julle nie op nie; ek gee bloot erkenning aan die groot werk wat julle so onbaatsugtig doen vir Christus en Sy Kerk, veral ter bevordering van die Ortodoksie onder ons eie mense, vir wie die wonder van die Ortodokse geloof in so ‘n groot mate nog onbekend is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s