Die Gevaar van Verharde Harte

Lk. 16:19-31

In vandag se Evangelielesing vertel die Heilige Lukas Jesus se gelykenis van die ryk man en Lasarus. Na ‘n leeftyd van geen ontferming oor die arm man by sy poort nie, sterf die ryk man en word hy gepynig in die hel, terwyl die arm Lasarus deur die engele in die hemel verwelkom word. Die gelykenis maak dit duidelik dat daar ‘n werklike kloof is tussen hulle, en ten spyte van die ryk man se pleitdooi, is sy lot reeds verseël.

Die Vaders vind dit betekenisvol dat dié ryk man geen naam het nie, terwyl die arm bedelaar ‘n spesifieke naam dra. Hierin word die alledaagse wêreldse manier van dink, waar die rykes deur hulle name geken word en die armes anoniem bly, omgekeer. Die bedelaar wat nie by die poort raakgesien is nie, word deur die engele in die hemel verwelkom, terwyl die welbekende en beroemde man naamloos geword het.Lasarus en die ryk man

Hierdie ryk man het verder naamloos geword omdat hy harteloos geword het. Hy het nie bloot nie gedoen wat hy veronderstel was om te doen nie, maar hy het in gebreke gebly om die persoon Lasarus as ‘n mens in nood te sien. Sy hart het hard geword en gevolglik het hy nie die nood gesien van iemand by wie hy elke dag verbygeloop het nie. Soos die Heilige Cyrillus van Alexandrië dit stel: “Die ryk man, deur onmedelydend te wees, was dus sonder naam in die teenwoordigheid van God.” Deur daarin te misluk om op sy naaste te reageer, deur daarin te misluk om hulle om hom raak te sien, is sy eie mensheid verminder.

Ons harte word al te maklik verhard. Daar is so baie lyding om ons dat ons in die versoeking kom om weg te kyk, en ons in die veilige ruimtes van ‘n kokon toe te spin. Maar wanneer ons ons afsny van ander mense en hulle waardigheid en behoefte nie raaksien nie, is dit ons eie mensheid wat verminder word. Ons moet weerstand bied teen die verharding van ons harte en ons moet bid dat God ons sal help om met die oë van die geloof na ander te kyk.

Hoe is dit dan vir die ryk man moontlik om gered te word? Deur sy goedere gemeenskaplik te deel met diegene wat behoeftig is, deur te wees soos wat Job was, en die begeerte na meer in sy siel uit te roei, en op geen gebied buite die perke van werklike behoefte te beweeg nie.

Die Heilige Johannes Chrysostomos

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 30 Oktober 2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s