Wie is my naaste?

Lukas 10:25-37

Vandag vertel Lukas die bekende verhaal van die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan. Hy beskryf hoe ‘n wetgeleerde Jesus wou versoek. Nie tevrede met die wete dat die pad na verlossing beteken om God sowel as jou naaste lief te hê nie, oefen hy verdere druk op Jesus uit en wil hy weet presies wie dan nou my naaste is. En in antwoord of die vraag: “Wie is my naaste?” vertel Jesus dan hierdie gelykenis vertel.

Ten einde Christus se antwoord in hierdie gelykenis te verstaan, moet ons ‘n begrip hê van die vyandskap wat tussen Jode en Samaritane bestaan het. Die Jode het die Samaritane verag en die blote gedagte dat ‘n Samaritaan die naaste kan wees waarna die Wet verwys, sou vir ‘n praktiserende Jood ondenkbaar wees.

In hierdie gelykenis sien ons hoe God deur ons “normale” menslike manier van dink, breek. Jesus Christus sê vir ons dat ons naaste nie net iemand is met wie ons ‘n bloed-,taal- of soortgelyke verwantskap het nie. ‘n Naaste is veelmeer die persoon wat God op enige gegewe oomblik op ons pad plaas. Ons naaste is moontlik die laaste persoon met wie ons te doen wil hê, maar Christus leer ons dat ons pad na verlossing onlosmaaklik verbind is met ons sensitiwiteit vir ons naaste.

SamaritaanOp ‘n ander vlak kan ons hierdie gelykenis ook lees as sou dit na Jesus Christus Self verwys as die Barmhartige Samaritaan. Hy is in ‘n sin die hoogste naaste, want Hy het na ons toe uitgereik om ons menslike toestand met ons te deel. Soos die Heilige Augustinus dit stel: “Wyn en olie is op julle uitgegiet. Julle het die sakrament van die eniggebore Seun ontvang. Julle is op sy esel gelaai. Julle het geglo dat Christus vlees geword het. Julle is na die herberg gebring, en julle is in die Kerk genees.” Of, soos ons in die eerste week van die Groot Vastyd bid:

Geval het ek onder die hand van rowers: my eie gedagtes; van kop tot toon het hulle my striemend gewond, ek is vol letsels. Maar U Christus, Verlosser, kom Self na my om my te genees.

Uit die Boetekanon van die Heilige Andreas van Kreta

 

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 13 November  2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s