Om te dink aan die dood

Lk. 12:16-21

In vandag se Evangelielesing waarsku Jesus Christus ons oor die gevaar van hebsug, maar ook die gevaar daarvan om te vergeet. Die Heilige Paulus sê vir ons dat die liefde vir geld die wortel van alle kwaad is (1Tim. 6:10), en die Vaders leer ons dat wanneer die gees van gierigheid ‘n houvas op ons het, dit ons opvreet. Wanneer ons deur hierdie fout beheer word, is ons nie meer tevrede met wat ons het nie, maar wil ons al hoe meer hê, soos wat ons sien met hierdie man in die Evangelielesing. In plaas daarvan om stoflike besittings tot eer van God te gebruik, wil ons daaraan vasklou sodat dit ons uiteindelik vernietig. pantocrator-1

Maar hierdie gelykenis leer ons ook oor die gevaar daarvan om te vergeet. Hierdie man het vergeet wie hy eintlik is: ‘n Skepsel wat van God afhanklik is, en wat sou doodgaan. Die een ding wat ons almal in gemeen het, is dat ons sal doodgaan – en ons aardse besittings sal ons dan nie help nie. Die dood is die groot gelykmaker en onderskei nie tussen arm en ryk nie.

Die Vaders leer ons dat ons die dood daagliks voor oë moet hou. Dit klink miskien vir ons ietwat pessimisties of selfs grieselig, maar in werklikheid is dit ons moderne ontkenning van die dood – ons word per slot van rekening baie meer beskerm teen die werklikhede van die dood as vorige geslagte – wat ongesond is, want dit moedig ons aan om die fundamentele werklikheid van die lewe te vermy. Deur te onthou dat ons gaan doodgaan, help om ons te re-oriënteer tot wie ons werklik is en tot wat werklik in die lewe belangrik is.

Ons hele lewe is ‘n voorbereiding vir die dood, waar ons tot ewige lewe herbore word. As ons ‘n lewe van inhaligheid, hebsug, en selfsug gelei het, wat op onself gerig is, sal ons probleme hê. Maar as ons ons lewens gebruik om te onthou wie ons werklik is, en onsself toelaat om na die gelykenis van Jesus Christus omvorm te word, sal ons makliker kan deelhê aan Sy oorwinning oor die dood deur self-opofferende liefde.

 Wat in die wêreld is, bly in die wêreld, en watter rykdom ons ookal bymekaarmaak, word aan ons erfgename nagelaat. Wat ons nie met ons kan saamneem nie, is ook nie ons s’n nie. Net deug is die metgesel van die dooie. Medelye is al wat ons volg. Dit is die gids na die hemele en die eerste van die wonings.

Die Heilige Ambrosius

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 20 November  2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s