Wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?

Lukas 18:18-27

Vandag hoor ons Lukas se beskrywing van die ontmoeting tussen die ryk jong owerste en Jesus Christus. Hierdie man het gevra wat hy moet doen om die ewige lewe te beërwe en toe Christus vir hom sê dat hy die gebooie moet onderhou wat hy so goed ken, het hy geantwoord dat hy dit al van sy jeug af doen. Rich young rulerMet groot oordeelkundigheid het Jesus in sy hart gekyk en vir hom gesê om al sy besittings te verkoop en die geld aan die armes te gee, en Hom te volg. Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk en was te geheg aan sy besittings om Christus te volg.

Soos verlede Sondag se Evangelielesing is hierdie ontmoeting ‘n waarskuwing oor die mag wat rykdom oor ons kan hê. En dit is inderdaad nie net geld wat ons daarvan kan weerhou om Christus te volg nie, maar enigiets waaraan ons meer waarde heg as aan Hom, of dit nou verhoudings, bedrywighede of loopbane is. Dit is nie genoeg om die gebooie na goeddunke te hou nie; ons moet ons in plaas daarvan oopstel vir wat God ookal van ons verwag.

Maar daar steek meer in hierdie voorval. Die Heilige Lukas sê vir ons dat hierdie man “diep bedroef” geword het. Êrens binne homself het hy besef, al was dit nie bewustelik nie, wat hy gaan misloop deur Christus se oproep te verwerp. Hartseer en droefheid kan die begin van bekering beteken, want dit stel ons in staat om te sien dat iets ontbreek, iets waarna ons verlang. Al te dikwels probeer ons ons hartseer bedek met verstandlose bedrywighede of vermaak, in ‘n poging om hierdie hartseer te ontsnap. Tog, as ons dit toelaat, kan dit ons help om terug te keer na God, die God op wie ons die rug gekeer  het.

Alles wat in ooreenstemming met die gebooie gedoen word: om mekaar lief te hê, om mekaar se laste te dra, om aalmoese te gee, ensovoort ….. is vir God behaaglik, nie wanneer iemand barmhartig is vanweë die een of ander menslike oorweging nie, maar omdat die daad op sigself goed is …. Dit wat gedoen word is volmaak wanneer iemand aalmoese gee sonder suinigheid of met teësinnigheid, sonder om die ontvanger te verag …… deur so vryelik te gee asof hy self iets ontvang, deur iets goeds te doen op so ‘n goedgunstige manier asof die goedheid aan homself gedoen word.

Die Heilige Dorotheos van Gaza

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 27 November  2016

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s