Word genees!

Lk. 13:1017

Vandag hoor ons die Heilige Lukas se vertelling van hoe Jesus Christus ‘n lam vrou  op die Sabbat genees het. Die vrou, wat agtien jaar lank gely het, was ingmekaargetrek en glad nie in staat om regop te kom nie. Toe Jesus haar genees, het sy regop gestaan en God verheerlik. Jesus se teenstanders wou dit egter teen Hom gebruik en het hom daarvan beskuldig dat hy nie die Sabbat ag nie. In antwoord het Hy gewys op die skynheiligheid van diegene wat maklik hul diere op die Sabbat sal versorg, maar niks voel vir die waardigheid van ‘n mens nie.Kreupel vrou

In hierdie voorval sien ons twee benaderings tot godsdiens. Vir Christus se teenstanders het die nakom van godsdienstige wette, soos die hou van die Sabbat, die verband verloor met ‘n egte besorgdheid oor mense en het dit bloot ‘n geestelose wettisisme geword. Baie mense is vandag geneig om godsdienstige oortuigings en gebruike te sien as teenstrydig met menslike vryheid en waardigheid. Vir party mense het God ‘n onderdrukkende tiran geword wat in die naam van menslike vryheid en waardigheid verwerp moet word.

In Jesus Christus sien ons ‘n heel ander benadering tot die nakom van godsdienstige wette en gebruike. Dit bestaan nie om ‘n tiraniese God te bevredig nie, maar is veelmeer daar om ons tot ons oorspronklike waardigheid te herstel waarin ons na die beeld van God geskep is. Terwyl die Kerk beslis “reëls” het – en ons tot ernstige askese oproep – is dit nie om ons vryheid in te perk nie, maar juis omdat dit net binne die riglyne wat God geopenbaar het vir ons moontlik is om te ontdek wat dit werklik beteken om mens te wees. Die heiligheid waartoe Christus ons roep, is nie bedoel om ons lewenslus dood te maak nie, maar veelmeer ons te bevry van alles wat ons daarvan weerhou om God te aanskou, wat die eintlik doel is waarvoor ons geskep is.

Die heerlikheid van God is die menslike persoon wat ten volle lewe, en die lewe van ‘n menslike persoon is die aanskoue van God.

D

Uittreksel uit Evangelion. ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 4 Desember  2016

Die Heilige Irenaeus van Lyons

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s