Hy het die hemele neergebuig en neergedaal

Vandag vier ons die Lig van Christus wat oor ons wêreld geskyn het. In die Geloofsbelydenis bely ons ons geloof in Jesus Christus wat “ter wille van ons saligheid neergedaal het uit die hemele, vlees geword het uit die Heilige Gees en die Maagd Maria en mens geword het.”Nativity

Die kern van ons geloof is dat ons glo dat Jesus Christus ons menslike natuur aangeneem het ten einde dit te genees. As mense is ons na die Beeld van God geskep, maar die koms van die sonde in die wêreld het die Beeld van God verwronge en donker geword. Ons het die vermoë om onsself te red verloor.

Vanweë Sy groot liefde vir ons, kon God ons nie maar net in so ‘n toestand laat nie. In plaas daarvan het Hy, deur die Vleeswording, die wesenlike dieptes van ons menslike werklikheid betree deur soos ons te word in alles, behalwe die sonde.

Die Geboorte staan nie op sigself nie, maar is verbind met die vervulling daarvan in die oorwinning van Christus se dood en Opstanding. Verder moet ons ook ons deel doen deur te reageer op Sy liefde. In die Vleeswording het Hy die pad vir ons oopgemaak deur een van ons te word sodat ons aan Sy goddelike lewe deel mag kry. Want soos verskeie Vaders dit stel: “Jesus Christus het mens geword sodat die mens God kan word.”

 

Toe Hy sien dat hy wat sy beeld en gelykenis dra deur oortreding geval het, het Jesus die hemele neergebuig en neergedaal en Sy woning in ‘n maagdelike skoot geneem, sonder om verandering te ondergaan, en daardeur die gevalle Adam weer nuut gemaak wat roep: Eer aan u Godverskyning, my Heiland en my God!

Vierde Gesang van die Litie van die Geboorte

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s