
Enkele jare gelede is die volgende onder die hofie “Leesstof” op ons webblad geplaas:
“Presbitera Anke Arnold-Lyklema het ‘n boek van argimandriet Zacharias van die Ortodokse Klooster te Essex vertaal wat bestaan uit ‘n reeks voordragte oor “die verruiming van die hart”. Die Nederlandse vertaling dra die titel: “Weest ook gij uitgebreid (2Kor.6:13) – De uitbreiding van het hart in the theologie van de heilige Silouan de Athoniet en archimandriet Sophrony van Essex”. Dit word uitgegee deur Orthodox Logos, Tilburg NL. Meer hieroor is op haar webblad, Maranatha House (http://www.maranathahouse.info) te vind.”
Presbitera Anke het intussen met hierdie taak voortgegaan en ‘n aantal verdere werke is nou ook vertaal en beskikbaar gestel. Lees gerus meer daaroor by die volgende skakels:
http://www.maranathahouse.info/publications00.html
http://www.maranathahouse.info/publ-books/books-frz.html
Van die publikasies is onder andere die volgende:
Dan is daar ook tekste in PDF wat gratis in Engels of Nederlands afgelaai kan word.
Ons wens Presitera Anke ryke seën toe met die groot taak wat sy onderneem het!