‘n Voorbeeld van Bekering

Vandag dui die begin van die Triodion aan terwyl ons ‘n tyd van voorbereiding vir die Groot Vastyd begin. En vandag, op die Sondag van die Fariseër en die Tollenaar, hoor ons Jesus se gelykenis wat die selfbehaaglikheid van die Fariseër in teenstelling bring met die nederige boetvaardigheid van die Tollenaar. Dit is geen toeval dat die Kerk hierdie Evangelielesing kies om die toon vir die tyd wat kom, aan te dui nie. Dit waarsku ons nie net teen die gevare van vas nie, maar dit rig ons ook op die ware doel van ons Vastyddissipline.pharisee-and-publican

Die Vastyd is ‘n tyd waarin ons geroep word om ons Christelike lewe te verdiep, en die klem te laat val op die dissiplines van gebed, vas en aalmoes gee. Dit is ‘n tyd vir bekering, om ons weg te keer van sondige of afleidende gedrag, om ons te re-oriënteer, en ons blik op Jesus Christus te vestig. Maar deur hierdie gelykenis vir ons te vertel, waarsku Jesus ons ook van die gevare van sodanige godsdienstige bedrywighede. As dit ons lei na verwaandheid en selfvoldaanheid, kyk ons die kern van waaroor ons asketiese pogings gaan, mis, want, soos die Heilige Cyrillus van Alexandrië vir ons sê: “Verwaandheid word deur God vervloek en gehaat.”

Deur hierdie Evangelielesing te kies om dié tyd in te lui, hou die Kerk die Tollenaar aan ons voor as ‘n voorbeeld van bekering, en in hom sien ons die ware doel van hierdie vastyd. Hy het tot ware selfkennis gekom, erken sy totale afhanklikheid van God, en kan maar net uitroep: “O God, wees my sondaar genadig!” Om by daardie soort nederigheid uit te kom, is soms ‘n lewenslange taak, want ware nederigheid kan nie nageboots word nie, maar leer ‘n mens gewoonlik deur ‘n lang en pynlike stryd aan.

Die werklik nederig persoon hoef homself nie te vergelyk met diegene rondom hom nie; en hy hoef homself nie te regverdig nie. In plaasdaarvan is alleenlik maar bewus van hul eie ontsaglike behoefte aan God se genade. Waar ons hierdie heilige tyd nader, laat ons bid dat God ons sal help groei na daardie soort nederigheid.

Hy wat vergifnis vir sy sondes will kry, het nederigheid lief, maar as hy iemand anders veroordeel, verseël hy sy eie boosheid. Net soos wat water en vuur nie kan meng nie, so sluit self-regverdiging en nederigheid mekaar uit.

Die Heilige Markus die Askeet

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 5 Februarie 2017

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Uncategorized

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s