Om weer tuis te kom

Waar ons vandag voortgaan met ons voorbereiding vir die Groot Vastyd, hoor ons Jesus se welbekende gelykenis van die Verlore Seun. Deur ons die verhaal te vertel, toon Jesus Christus vir ons wat bekering beteken. Om tot bekering te kom, is nie bloot om beter te probeer vaar, of om onsself deur ons eie pogings te probeer verander nie. Dit is veelmeer om ons verhouding met ‘n liefdevolle Vader te herstel, ‘n verhouding wat gebroke geraak het toe ons Hom die rug toegekeer het.prodigalson

Hierdie gelykenis toon ons hoe die seun, wat sy erfporsie met ‘n losbandige lewe deurgebring het , “tot sy sinne” gekom het. Met die besef dat selfs sy vader se arbeiders beter daaraan toe was as hy, het hy besluit om huis toe te gaan, al was dit bloot as ‘n huurling. Maar sy vader was verheug en het sy lankverlore seun verwelkom met ‘n feesmaal om te toon hoe verheug hy was om sy seun weer te sien. Die doel van die gelykenis is om te toon hoe die Vader daarna verlang dat ons ons bekeer en ons weer na Hom toe wend, en Hy verwelkom ons met groot liefde wanneer ons dit doen. Soos die Heilige Petrus Chrysologus dit stel:

‘Hy het hom om die hals geval en gesoen’. Dit is hoe die vader sy eiesinnige seun teregwys; hy gee hom nie slae nie, maar  hy soen hom. Die krag van die liefde het die oortredings oorgesien. Die vader het die sondes van sy seun verlos met ‘n kus, en hulle met sy omhelsing bedek, om sodoende nie die oortredinge bloot te stel , en om om die seun te verneder nie. Die vader het die seun se wonde so genees dat dit nie ‘n litteken of merk gelaat het nie. ‘Salig is hulle’, se die Skrif, ‘wie se oortreding vergewe is en wie se sondes bedek is.’ “

Die woorde “tot sy sinne gekom” is hier belangrik, want die seun het besef  dat sy hele identiteit besig was om vernietig te word. Die Vaders leer ons dat deur van God af weg te val, ons onderworpe raak aan bederf en geleidelik vernietig word. Dit is deur terug te keer na ons Liefdevolle Vader wat na ons uitreik, en deur weer in ‘n verhouding met Hom te tree, dat die bederf omgekeer kan word, en dit is wat ons in staat stel om waarlik tuis te kom, nie net by ons Vader nie, maar ook by ons ware self.

Christus kies hulle wat staan. Staan op en hardloop na die kerk. Hier is die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Hy wat jou in die geheime plekke van jou hart dinge hoor oordink, hardloop jou tegemoet. Terwyl jy nog ver is. Hy sien jou en hardloop jou tegemoet. Hy sien  binne in jou hart.

Die Heilige Ambrosius van Milaan

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 12 Februarie 2017

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s