Die Laaste Oordeel

Vandag, waar ons al nader kom aan die Groot Vastyd, word ons herinner aan die ontsagwekkende werklikheid van die oordeel wat kom, waar Jesus, saam met Sy engele, weer in heerlikheid sal kom. En Hy kom vir die Laaste Oordeel. Dié oordeel is nie net iets wat aan die einde van die tyd sal plaasvind nie, want ons word met elke oomblik van ons lewens geoordeel. Maar daar is ‘n sekere finaliteit aan die oordeel waarvan ons vandag hoor, want dit kom aan die einde van die geskiedenis en het ‘n beslissende aard.last_judgement_full

Hierdie oordeel het ‘n vreesaanjaende aard, en ons moet dit nie te maklik verwater nie. Dit herinner ons daaraan dat die lewe ‘n ernstige besigheid is en dat wat ons doen, gevolge het. Maar waarop ons geoordeel word, is nie eenvoudig ‘n lys van dade van wat ons gedoen of nie gedoen het nie, of reëls wat ons nagekom het of nie nagekom het nie. Die oordeel wat hier ter sprake is, het veelmeer te doen met ons verhouding met God en met mekaar. Ons sal geoordeel word na aanleiding daarvan of ons Jesus Christus in ons medemens herken het, veral dié in nood.

Die Heilige Johannes Chrysostomos stel dit dat die belonings wat die saliges te wagte is, die belonings is wat die Vader vir hulle berei het, terwyl die vloek wat die verdoemdes te wagte is, nie deur God berei is nie, maar deur hul eie optredes. God verlang daarna dat ons onder die saliges moet tel, wat die rede daarvoor is dat Hy voortdurend na ons uitreik en ons na Hom toe probeer trek. En die gronde waarop ons geoordeel sal word – of liewer, hoe ons onsself oordeel, want dit is ons eie handelinge wat ons oordeel – is of ons op hierdie liefde gereageer deur Hom in diegene om ons raak te sien.

Hoe maklik is die dinge wat die Heiland van ons hande verwag nie! Hy sal op die Oordeelsdag nie sê: “Ek was in die gevangenis, en jy het my vrygelaat” nie. “Ek was siek, en jy het my genees” nie; net maar dit: jy het My besoek, jy het na my toe gekom.”

Die Heilige Johannes Chrysostomos

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 19 Februarie 2017

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s