Vergifnissondag

Vandag, op die vooraand van die Groot Vastyd, vind ons ‘n interessante naasmekaarstelling van vas en vegifnis. Jesus gee ons voorskrifte oor die vas, en maan ons om te fokus op ons innerlike lewe eerder as die uiterlike vertoon van vroomheid, terwyl hy ons waarsku teen die gevare van rykdom, en ons daarop wys dat ons ons harte moet bewaar, want “waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees”. Tog word hierdie woorde voorafgegaan deur Sy leer oor die belangrikheid van vergifnis, en word daar vir ons gesê dat ons vergifnis deur die Vader afhang van ons gewilligheid om ander te vergewe.

Die Groot Vastyd is ‘n tyd van bekering en ‘n terugkeer na God. In vandag se liturgiese tekste hoor ons van Adam se verdrywing uit die Paradys, wat ‘n weerspieëling is van ons vervreemding van God. Soos Adam word ons geroep om tot die Vader terug te keer, en Jesus Christus voorsien ons van die manier waarop ons dit moet doen. Ons word gevra om onsself met Adam te vereenselwig in die besef en die soeke na die oorkoming van ons verwydering van God.Wall-Painting-Christ-in-Glory-Shrewsbury-3433a-

Hierdie reis terug na God is egter nie maar sommer net ‘n individuele  besigheid nie. Ons word nie as afsonderlike individu’e gered nie, maar as lidmate van Christus se Liggaam. Soos die Heilige Antonius die Grote dit stel: “Ons lewe en ons dood is met ons naaste. As ons ons broer wen, het ons God gewen, maar as ons ons broer tot skande is, het ons teen Christus gesondig.”

Dit is waarom die Kerk ons aan die begin die Groot Vastyd tot vergifnis oproep. Ons begin hierdie reis terug na God deur met ons broers en susters versoen te raak, want soos die Apostel Johannes vir ons sê: “As iemand sê: Ek het God lief – en sy broer haat, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wa hy nie gesien het nie?”

‘n Soldaat het vir Abba Mina gevra of God bekering aanvaar. Na die ou man hom baie dinge geleer het, het hy gesê: “Sê vir my, my liewe mens, as jou mantel geskeur is, gooi jy dit weg?” Hy antwoord: “Nee, ek maak dit reg en gebruik dit weer.” Toe sê die ou man vir hom: “As jy so versigtig is met jou mantel, sal God nie ewe versigtig wees met Sy skepsel nie?”

Uit die Gesegdes van die Woestynvaders

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof, 26 Februarie 2017

Advertisements

Lewer kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s