Ontferm U oor ons en help ons!

Markus 9:17-31

Vandag, op die Sondag van die Heilige Johannes Klimakus, hoor ons die verhaal van die genesing van die seun wat ‘n stomme gees gehad het. Sy vader, desperaat dat hy homself gaan vernietig, het hom na Jesus se dissipels gebring, maar hulle kon die gees nie uit hom dryf nie. Jesus Christus verklaar egter dat enigiets moontlik is vir diegene wat glo, waarop sy vader uitroep: “Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp.”epeleptic

Hierdie voorval herinner ons daaraan dat die redding wat Jesus Christus ons bied, te make het met ons genesing. En hierdie genesing kan meer beteken as wat ons soms verwag. Ons is miskien nie besete met geeste wat ons in die vuur probeer gooi nie, maar ons is almal deur ‘n gees van stomheid geraak. Ons menslike kommunikasie is deur die die sondeval aangetas, ons het die vermoë verloor om te praat soos wat ons moet, en menslike spraak het al te dikwels ontaard in woede en aggressie. En tog, as ons eerlik is met onsself, weet ons dat dit nie is hoe dit behoort te wees nie en dat ons daarna verlang om genees te word.

Ons het reeds gesien dat ons geloof moet hê – selfs geloof te midde van twyfel – ten einde genees te word. Maar Christus sê ook vir ons dat hierdie soort gees “deur niks anders (kan) uitgaan as gebed.” Dit is in en deur gebed dat ons die krag van God in ons lewens ontdek. Dit is deur die volgehoue beoefening van gebed dat ons geleidelik leer om te glo. Dit is deur gebed dat ons genees kan word van ons verwronge kommunikasiepatrone, want daar is ‘n regstreekse verband tussen ons verhouding met God en ons verhoudings met diegene om ons. Ware gebed lei ons na ‘n plek waar God ons kan genees. Dit stel ons in staat om die verskillende mededingende geluide wat die wêreld en ons eie wanaangepaste toestand ons kant toe gooi, eenkant te laat sodat ons deur die genesende krag van God aangeraak kan word.

Dit is nie nodig om lang gesprekke te voer nie; dit is genoeg om jou hande uit te steek en te sê: “Here, soos U wil, en soos U weet; wees barmhartig” En as die stryd in felheid toeneem, sê dan: “Here, help!” God weet baie goed wat ons nodig het en hy betoon ons sy barmhartigheid.”

Die Heilige Makarius die Grote

Uittreksel uit Evangelion, ‘n Bulletin van die Ortodoks-Christelike Geloof 26 Maart 2017

Advertisements

2 Kommentaar

Filed under Uncategorized

2 responses to “Ontferm U oor ons en help ons!

  1. Beste Vader Zacharias, ek is tevrede om die blad vanaand te kry! Ek bid altyd vir U en Uw diens, besonder in hierdie laaste weke van die Vastyd. In die liefde van die Here, aartspriester av aleksandr

  2. Beste Vr. Aleksandr, ek het die Evangelion eers gister ontvang, dié dat die uittreksel daaruit eers gister verskyn het. Hopelik ontvang ek dit in die toekoms, soos gewoonlik, betyds. In die Mensliewende, vr, Zacharias

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s