Vanweë ‘n besering wat vr. Zacharias opgedoen het, en ‘n taamlik radikale operasie aan sy knie as gevolg daarvan, is hy tot aan die einde van Februarie nie daartoe in staat om die Liturgie te vier nie. Leserdienste vind egter wel plaas op Sondae, om 9:30 vm. Op Sondag 24 Desember sal daar egter nie ‘n diens die oggend wees nie, maar wel ‘n Vigiliediens om 3:30 die middag. Op Kersdag self sal Aartsbiskop Sergios saam met vr. Diaken Nicholas Esterhuizen die Liturgie hier in ons kapel vier om 8vm. Die Aartsbiskop sal sy gedeeltes in Grieks doen terwyl die Litanieë in Engels sal wees en die response en gesange in Afrikaans gesing sal word.
Die Saterdagdienste in Kaapstad in Engels en in Afrikaans is ook opgeskort tot die begin van Maart, wanneer vr. Zacharias hopelik weer op die been sal wees.