PAASBOODSKAP VAN ONS PATRIARG 2018

 

Prot. Nr. 49/2017

 

THEODOROS II

DEUR DIE GENADE VAN GOD POUS EN PATRIARG VAN ALEXANDRIË

EN DIE HELE AFRIKA;

AAN DIE VOLHEID VAN ONS APOSTOLIESE EN PATRIARGALE TROON:

GENADE EN BARMHARTIGHEID VAN ONS VERRESE HERE EN GOD EN HEILAND JESUS CHRISTUS

“Julle het die Leidsman tot die lewe gedood. God het Hom uit die dode opgewek, waarvan ons getuies is.” (Hand. 3:15)

 

My liewe broers en susters,

Die Apostels getuig en die wêreld vier fees. Die Apostels bely en die wêreld is verheug. Die Apostels verklaar en die wêreld glo. Dat die Skepper van ons lewens waarlik opgestaan het. Dat die Oorsaak van ons lewens waarlik opgestaan het. Dat die Herskepper van ons lewens waarlik opgestaan het.

Kan die lig van die Opstanding nietemin die toenemende donkerheid van die mens se geskiedenis oorkom? Kan die boodskap van die Opstanding  al ons broers en susters in Christus, alle welwillendes, vryelik bereik? Of wonder die Profeet steeds: Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskape nie? Waarom handel ons dan troueloos met mekaar?” (Maleági 2:10)

             Toe God ons geskape het, het Hy dit vrywillig gedoen. En toe Hy ons deur Sy enigste Seun herskape het, het Hy dit gedoen sonder dat ons iets vooraf aangebied het. Die Koninkryk van God, met ander woorde ons vereniging met God, sal net gebeur as ons God wil hê; net as ons na God soek; net as ons die wil van God eksistensieel as ons vernaamste prioriteit stel.

Die Apostoliese geloof oor God se wil is duidelik: “Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.” (Hand. 10:34-35) Om die Koninkryk van God binne te gaan vra net die vrees van God as agting vir Sy wil, en die geregtigheid van God as die vrug van Sy wil.

Wat doen ons egter? Ons verwerp die vrees van God. Ons beskou die vrees van God as sou dit ons ego oneer aandoen. Verder verwring ons God se geregtigheid. Ons sien dit deur die misvormde lense van nasie, ras, kleur of verskeidenheid. En ons kom tot die punt waar ons onder opeenvolgende lae van elemente van identiteit, die een en enigste element begrawe wat ons almal verenig: ons gemeenskaplike oorsprong in God.

Ons vergeet dat ‘n Samaritaan die voorbeeld geword het van medelydende mensliewendheid. Ons vergeet dat ‘n Samaritaanse vrou die voorbeeld van innige lewensverandering geword het. Ons vergeet dat ‘n ontugtige vrou die voorbeeld van reddende bekering geword het. Ons vergeet dat die rower van die elfde uur die eerste bewoner van die Paradys geword het. Ons vergeet dat die enigste onderskeid wat op menslike vlak moet bestaan, die een is wat ons broers en suster onderskei as diegene wat selfversorgend is en diegene wat hulpbehoewend is.

My liewe broers en susters, waar ons vandag die Opstanding van ons Heer vier en ons wonings oopstel om ons vreugde te deel, laat ons die wil van God in gedagte hou. Christus het gesê: Wanneer jy ’n môre- of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, ….Maar wanneer jy ’n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes, en jy sal gelukkig wees.” (Lk. 14:12-14)

            Waarom moet ons al daardie behoeftiges nooi? Ons heilige voorganger, die Patriarg van die tasbare liefde, die Heilige Johannes die Ontfermer, het die antwoord gegee: “Want hulle kan ons waarlik die Koninkryk van die Hemel help beërwe.” Dit is nie net dat ons broers en ons susters óns nodig het nie. Ons het hulle veel meer nodig, want ons behoeftige broers en susters hou die sleutels tot die Paradys.

Dit is met hierdie geloof dat ons deur die Afrika van die nasies loop, die Afrika van stamme, die Afrika van uiteenlopende kulture. Nie met die geloof van die intellek nie, maar met die geloof van die hart. Nie met ideologiese geloof nie, maar met humanitêre geloof. Nie met die geloof wat voorkeur toon nie, maar met die geloof dat in elke persoon van elke broer en suster wat ons ontmoet in Afrika, op die Vasteland van hoop, Christus moontlik verberg is, die Oorsaak van Lewe!

 

Christus het opgestaan!

 

(Geteken deur) +Theodoros ll

Pous en Patriarg van Alexandrë en die Hele Afrika

 

 

Advertisements

2 Kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Die Bybel, Liturgiese jaar, Ortodokse Kerk, Uncategorized

2 responses to “PAASBOODSKAP VAN ONS PATRIARG 2018

  1. Beste Vr Zacharias, CHristus het opgegaan, waarlik het Hy opgegaan! all seëninge wees met en oor U, vir uw gesondheid, vir uwe diens in die Kerk. Ek doen bid vir u ieder dag in die liefde van die Here! av aleksandr

  2. Baie dankie, Vr. Alexandr! En ek wens u natuurlik dieselfde toe!
    Vr. Zacharias

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s