Betanië word groen

Een van ons weldoeners wat in Australië woon, het my ‘n geweldige guns gedoen deur my aan Billy de Jong van Sustainable Technologies voor te stel. Ons was op die punt om op sonkrag oor te gaan toe ek Billy ontmoet het. Hy het, na hy die situasie van kraggebruik hier by Betanië deeglik nagegaan het (met ‘n indrukwekkende program wat hy self ontwerp het), voorgestel dat ons in plaas van batterye gebruik, gebruik maak van superkapasitors, iets waarvan die meeste mense, ook kundiges, nie van geweet het nie. Natuurlik word die superkapasitors saam met sonpanele gebruik. Ons is nou op die punt waar ons binne die volgende paar dae totaal selfversorgend sal wees wat elektrisiteit betref. ‘n Paar foto’s gee ‘n aanduiding van wat hier aan die gebeur is:

Waar die superkapasitors gehuisves word op die agterstoep van die Bedehuis; waar die kinders ook na die oggenddiens saam eet.

 

Die twee superkapasitors.

 

Die woonhuis op die erf, wat ook deel het aan die sonkrag

Die agterstoep van die Bedehuis. Tans is daar ses sonpanele op die stoepdakkie. Later vandeesweek word nog ses bokant dié geplaas.

 

 

 

Ek is daarvan oortuig, en ek is beslis nie alleen nie, dat superkapasitors op die voorpunt staan van enorme tegnologiese en maatskaplike veranderinge wat gaan volg op hierdie uitvindsel, en ek is baie in my skik dat ons as ‘n gemeente van die oudste Kerk op aarde, ook een van die eerste groepe in ons land is wat op die voorpunt staan van ‘n hele nuwe wending in die geskiedenis van die wêreld. Dit is net weereens ‘n teken daarvan dat die Ortodokse Kerk en die wetenskap en die tegnologie hoegenaamd nie onversoenbaar is nie. Die Kerk het geen probleem met die wetenskap en die tegnologie as sodanig nie. In die Kerk kan ons ons net verheug oor die wonderlike kreatiwiteit wat God aan die mens gegee het om met wonderlike oplossings vorendag te kom vir die reuse probleme waarmee die wêreld en die aarde worstel.

Vader Zacharias

Advertisements

1 Kommentaar

Filed under Afrikaans-Ortodoks, Ortodokse Kerk, Uncategorized

One response to “Betanië word groen

  1. Jeanne Viljoen

    Baie geluk. Mag dit vir julle seën bring!

    >

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s